Word Immuun teen Misleiding

Keith Holloway

‘n Baie belangrike gedeelte van die Bybel wat lesers dikwels verwar is: “En Jesus het uitgegaan en van die tempel vertrek, en sy dissipels het nader gekom om Hom die geboue van die tempel te wys. En Jesus sê vir hulle: Sien julle al hierdie dinge? Voorwaar Ek sê vir julle, daar sal hier sekerlik nie een klip op die ander gelaat word, wat nie afgebreek sal word nie. En toe Hy op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom en sê: Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld?

“En Jesus antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie. Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei” (Matthéüs 24:1-5, AFR53).

Die middelpunt van godsdiens, die priesterskap en die wet was in daardie tempel, en die deel dat dit vernietig sou word was baie ontstellend vir die disspels. Toe hulle gevra het “Wat” en “Wanneer” en “Hoe,” het Jesus se reaksie niks te doen gehad met die tempel of die spesifikasies van wat aan die kom was nie.

In ons volkstaal, het Jesus gesê: “Kyk, in die allereerste plek, moet julle oplet en gereed maak omdat sulke misleiding gaan kom dat baie – baie – wat die Naam van Christus aanroep, baie wat ons kry in godsdienstige sentrums, baie wat ons kerke vul, nie sal luister of gereed wees nie, en hulle sal mislei word.”

Die meeste misleiding begin met dinge wat gesê word in teenstelling met die Woord van God.

Baie sal kom en sê: “Volg my. Ek is ‘n pastoor of profeet van God. Ek het die antwoorde!” Wat hulle sê, sal nie ooreenstem met die Skrif nie, maar baie van ons wil nie luister wat Christus gesê het nie.

Waar misleiding elders in die Nuwe Testament bespreek word, word dit in die kerk en rakende leerstelling bespreek. Dit verg nie baie vir ons om te dink aan hedendaagse tye waartydens mense dinge verkondig wat ‘n menigte laat dwaal nie. Die antwoord is dat mense nie na Christus luister nie.

Hoe hoor ons van God? Moet ons na die berge gaan of ‘n konferense bywoon? My vriende, God het reeds vir ons sy Woord gegee. Dit is die Skrif. Ons moet mans en vroue wees wat nie net die Bybel lees nie, maar ons moet dit bestudeer en bepeins. Ons moenie net van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat uit die mond van God kom.