As Ons Skynbaar Alleen Is

David Wilkerson (1931-2011)

“En Jehiskia was voorspoedig in al sy werk. So ook in die geval van die gesante van die vorste van Babel – wat na hom gestuur het om ondersoek te doen na die wonderteken wat in die land gebeur het – het God hom net velaat om hom op die proef te stel, om te weet alles wat in sy hart was” (2 Kronieke 32: 30-31, AFR53).

Dikwels, terwyl hy regverdig God se werk nastreef, kan die rentmeester van die Here homself skynbaar verlate vind, alleen om die die magte van die hel te bestry. Elke mens wat God ooit geseën het, is op dieselfde manier beproef. Kyk na Abraham se situasie. "Ná hierdie dinge het God Abraham op die proef gestel en aan hom gesê...Neem jou seun, jou enigste, wat jy liefhet, Isak, en gaan na die land Moria en offer Hom daar as brandoffer” (Génesis 22:1-2). Ons ken die einde van die verhaal, dat 'n ram as Isak se plaasvervanger voorsien sou word, maar die aartsvader het dit nie geweet tydens sy reis teen die berg op nie.

Bevind jy jouself in vreemde omstandighede? Voel jy verlate en alleen? Stry jy 'n verlore stryd met 'n onvoorspelbare vyand? Dit is tekens wat daarop dui dat jy in die proses is om beproef te verklaar word.

Oorwinning is altyd die gewenste resultaat; maar sou jy misluk, moet jy onthou dat dit wat in jou hart agterbly, is waarin God die meeste belangstel, in jou gesindheid nadat jy die eensame stryd gewen of verloor het. Jou toewyding aan Hom ten spyte van mislukking, is sy begeerte. Jesus het belowe om ons nooit te verlaat of te begewe nie, maar die geskiedrol uit die Skrif openbaar dat daar tye is wanneer die Vader sy teenwoordigheid vir ons wegsteek om ons op die proef te stel. Selfs Christus het daardie eensame oomblik aan die kruis beleef.

Ons raak so besig om God op die proef te stel dat ons nie ons harte voorberei vir die groot toetse van die lewe waardeur God die mens op die proef stel nie. Kan dit wees dat die groot beproewing wat jy nou beleef, die las wat jy nou dra, eintlik God aan die werk is om jou te beproef?

Jesus sê dat ons ons kruis moet opneem en Hom moet volg (sien Matthéüs 16:24). Wat is daardie kruis? Dit is die vlees met sy broosheid en sondigheid. Neem dit op, gaan voort in geloof en sy krag sal in jou volmaak gemaak word.