Ware Rykdom in ‘n Leë Wêreld

David Wilkerson (1931-2011)

Niemand op aarde kan jou in die bediening aanstel nie. Jy kan 'n diploma ontvang by 'n kweekskool, georden word deur 'n kerkvader of in opdrag van 'n denominasie staan; maar die apostel Paulus openbaar die enigste bron van ‘n ware oproep tot die bediening: “En Ek dank Hom wat my krag gegee het, Christus Jesus, onse Here, dat Hy my getrou geag het en in die bediening gestel het” (1 Timótheüs 1:12, AFR53).

Wat bedoel Paulus hier as hy sê Jesus het hom in staat gestel en hom getrou geag? Dink terug aan die apostel se bekering. Drie dae na daardie gebeurtenis het Christus Paulus in die bediening aangestel, spesifiek 'n bediening van lyding. Dit is die einste bediening waarna Paulus verwys wanneer hy sê: “Daarom, aangesien ons hierdie bediening het volgens die barmhartigheid wat ontvang het, gee ons nie moed op nie” (2 Korinthiërs 4:1).

Paulus sê vir ons dat Jesus vir hom 'n belofte vir hierdie bediening gegee het. Christus het belowe om aan hom getrou te bly en hom te versterk deur al sy beproewinge heen. ’n Verandering vind in ons almal se lewens plaas. Dit is ‘n feit dat dat ons soos die dinge word waarmee ons ons gedagtes besig hou. Ons karakter word beïnvloed en geaffekteer deur wat ook al in ons harte heers.

Ek dank God vir elkeen wat sy verstand en siel voed met geestelike dinge. Sulke dienaars het hul oë gevestig op wat rein en heilig is. Hulle hou hulle oë gevestig op Christus, bring kwaliteit tyd deur om Hom te aanbid en hulleself op te bou in geloof. Die Heilige Gees is aan die werk in hierdie heiliges en verander voortdurend hulle karakter na die beeld van Christus. Hierdie gelowiges sal gereed wees vir die swaar, plofbare lyding wat kom. Trae, lui, biddelose gelowiges sal hartversaking of ineenstortings ly. Hulle sal verpletter word deur hulle vrese, want hulle het nie die Heilige Gees aan die werk in hulle, wat hulle verander nie. Wanneer die moeilike tye kom, sal hulle dit eenvoudig nie maak nie.

Hier is Paulus se laaste boodskap rakende die saak: “Ons lê nie die minste hindernis in die weg nie, sodat die bediening nie beklad mag word nie;  maar in alles beveel ons ons aan as dienaars van God, met baie geduld, in verdrukkinge, in node in benoudhede; in sale in gevangenskappe, in oproere, in arbeid, in slapelose nagte, in hongerly” (2 Korinthiërs 6:3–5,10). Om te skyn met die hoop van Christus tydens ons lyding, vertoon ons ware rykdom aan die wêreld.