Wandel Daagliks met God

David Wilkerson (1931-2011)

Die eerste boek in die Skrif vertel vir ons van ‘n man wat ons wandel met God behoort te inspireer. “So was dan al die dae van Henog driehonderd-vyf-en-sestig jaar. En Henog het met God gewandel; en hy was daar nie meer nie, want God het hom weggeneem” (Génesis 5:23-24, AFR53). Ons broer Henog het geen Bybel, geen gesangeboek, geen leraars, geen inwonende Heilige Gees, geen geskeurde voorhangsel met toegang tot die Allerheiligste gehad nie, maar hy het God geken!

“En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ‘n beloner is van die wat Hom soek” (Hebreërs 11:6). Hoe weet ons dat Henog geglo het dat God ‘n beloner is? Omdat ons weet dat dit die enigste geloof is wat God behaag, en ons weet dat Henog Hom behaag het. God is ‘n vergoeder, een wat goed betaal vir getrouheid. Hoe beloon die Here sy pligsgetroues?

Daar is drie belangrike belonings wat kom deur God te glo en met Hom in geloof te wandel.

  • • God beheer ons lewens. As ons die Here verwaarloos, tol ons lewens vinnig buite beheer as die duiwel inbeweeg en oorneem. As ons tog net verlief raak op Jesus! God sou gou vir ons wys dat Satan geen ware heerskappy oor ons het nie en ons sou gou toelaat dat Christus ons beheer.

  • • Om “suiwer lig” te hê. Wanneer ons met die Here wandel, word ons beloon met lig, leiding, onderskeiding, openbaring – ‘n sekere “wete” wat God vir ons gee – wat ons deur die lewe sal lei.

  • • Beskerming teen al jou vyande: Die Skrif belowe: “Elke wapen wat teen jou gesmee word, sal niks uitrig nie” (Jesaja 54:17). In die oorspronklike Hebreeus, word hierdie vers verstaal as “Geen plan, geen instrument van verwoesting, geen sataniese artillerie sal jou verdruk of oor jou ry nie, maar sal alles vernietig word.”

Henog het geleer om welbehaaglik voor God te wandel te midde van ‘n goddelose samelewing. Hy was ‘n gewone mens met al dieselfde probleme en laste wat ons dra. Elke dag terwyl Hy het die Here gewandel het, het hy al minder geheg geraak aan die dinge hier onder. Wanneer ons op hierdie manier leef, gehoorsaam ons Christus se gebod: “As iemand agter My wil aankom, moet hy homself verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg” (Lukas 9:23).