Waarom Sou Ek Hulle Vergewe?

Tim Dilena

Ek het Reflections on the Psalms van CS Lewis gelees, en hy het daarin geskryf: “Dit het geen nut om te praat asof vergifnis maklik is nie. Ons ken almal die ou grap: ‘Jy het een keer opgehou rook; Ek het 'n dosyn kere opgehou.’ Net so kan ek van 'n sekere mens sê: ‘Het ek hom vergewe vir wat hy daardie dag gedoen het? Ek het hom al meer kere vergewe as wat ek kan tel.’ Want ons vind dat ons oor en oor moet vergewe.

“Ons vergewe, ons maak ons wrok dood; 'n week later bring 'n gedagtegang ons terug na die oorspronklike oortreding en ons ontdek dat die ou wrok weer opvlam asof niks daaraan gedoen is nie. Ons moet ons broer sewentig maal sewe keer vergewe, nie net vir 490 oortredings nie, maar ook vir een oortreding.”

Hoeveel van julle weet dit vir ‘n feit? Daar is oomblikke wat ou pyn gaan uitlok. Jy gaan iets hoor, iemand gaan iets noem, en dit sal 'n herinnering oproep.

Op daardie oomblikke, moet ek 490 oor die kwessie gaan en sê: “Ek vergewe dit. Ek vergewe dit. Ek vergewe dit.” Waarom vergewe ek dit? Omdat God my vergewe het. Dit is my motivering. Ek kan 490 keer vergewe omdat ek soveel keer vergewe is. Ek het die vermoë om 'n wond te bedek, want God sê ek kan. Soms kan ek 'n probleem vergewe, maar ek moet dit steeds konfronteer.

Hoeveel van julle ken hierdie vers: “Waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hulle midde” (Matthéüs 18:20, AFR53)?

Hoeveel van julle weet dat Jesus ons nie 'n vers gegee het vir swak kerkbywoning nie? Ek hoor dat die vers meer gebruik word by bidure en kerkdienste wat swak bygewoon word as op enige ander plek, maar die volgende was nie Jesus wat gesê het nie: “Haai, as jy 'n gebedsbyeenkoms hou en daar is net 10 mense, sê dan net hierdie towerwoorde.” Niks kan verder van die waarheid af wees nie. Konteks beteken alles. Weet jy hoe die gedeelte begin? “En as jou broeder teen jou sondig, gaan bestraf hom tussen tussen jou en hom alleen” (Matthéüs 18:15). Dan gaan Jesus deur die vergifnisrooster oor hoe om met sonde af te reken.

Hy het in wese gesê: “Ek sien versoening so belangrik en kragtig, dat Ek sal opdaag om te sien hoe broers en susters na My en 'n gesonde gemeenskap terugkeer.” As jy 'n hart het om 'n gebroke of beskadigde verhouding te versoen, om 490 keer te vergewe indien nodig, sê Jesus: "My teenwoordigheid sal daar wees."

Nadat hy ‘n middestad gemeente in Detroit vir dertig jaar lank bedien het, het Pastoor Tim vir vyf jaar by Brooklyn Tabernacle in New York Stad en vir vyf jaar in Lafayette, Louisiana bedien. Hy het Senior Pastoor van Times Square Kerk geword in Mei 2020..