Waarom Buig My Siel Hom Neer?

David Wilkerson (1931-2011)

Oor en oor, vra die Psalmdigter: “Waarom buig my siel hom neer? Ek voel nutteloos en verlate. Daar is soveel onrustigheid in my. Waarom Here? Waarom voel ek so hulpeloos in my verdrukking” (Sien Psalm 42:12 and Psalm 43:5.) Hierdie vrae verteenwoordig menigtes wat die Here liefgehad en gedien het.

Neem byvoorbeeld die godvresende Elia. Ons sien hom onder 'n jenewerboom en God smeek om hom dood te maak. Hy is so neerslagtig dat hy op die punt is om sy eie lewe te laat vaar. Ons vind ook dat regverdige Jeremia wanhopig en terneergedruk is. Die profeet roep uit: “Here, U het my bedrieg. U het vir my gesê om al hierdie dinge te profeteer, maar nie een daarvan het gebeur nie. Ek het my lewe lank niks anders gedoen as om U te soek nie. Is dit hoe ek vergoed word? Nou sal ek nie meer u Naam noem nie.”

Elkeen van hierdie dienaars is onder 'n tydelike aanval van ongeloof, maar die Here het hulle gemoedstoestand in tye van verwarring en twyfel verstaan. Ná ’n tydperk het Hy hulle altyd op ‘n uitweg gewys. Te midde van hulle beproewings het die Heilige Gees die lig vir hulle aangeskakel.

Beskou Elia se getuienis. “En hy het daar in 'n spelonk gegaan en die nag daar oorgebly. En kyk, die woord van die HERE het tot hom gekom en vir hom gesê: Wat maak jy hier, Elia?” (1 Konings 19:9, AFR53). Hierdie ontmoeting het nuwe lewe in hom laat opspring, iets wat Jeremia ook verwoord het. “Toe u woorde is gevind, het ek hulle opgeëet, en u woord was vir my vreugde en vrolikheid vir my hart; want u Naam is oor my uitgeroep, HERE, God van die leërskare” (Jeremia 15:16,AFR53). Op 'n stadium het elkeen van hierdie dienaars God se Woord onthou en dit het die bron van vreugde en blydskap in hulle lewens geword, wat hulle uit die afgrond getrek het.

Trouens, die hele die hele tyd wat hierdie mense gesukkel het, het die Here daar gesit en wag. Hy het hulle geroep en angs gehoor. Nadat 'n sekere tyd verby was, het Hy vir hulle gesê: "Jy het 'n tyd van hartseer en twyfel gehad. Nou wil Ek hê jy moet my vertrou. Sal jy terugkeer na my Woord? Sal jy aan my belofte aan jou vashou? As jy dit doen, sal my Woord jou deurdra.”

Daardie belofte en Woord van die Here sal ons deur elke moeilike tyd dra en ons siele ophef wanneer ons terneergedruk word.