Waarheen om te Gaan vir Hulp

David Wilkerson (1931-2011)

Dietrich Bonhoeffer, die Duitse teoloog, het die Christen uitgebeeld as iemand wat 'n see van drywende stukke ys probeer oorsteek. Die Christen kan nêrens te lank staan nie, anders sink hy. Hy kan nêrens rus terwyl hy dit oorsteek nie, behalwe in sy geloof dat God hom sal deurdra. Nadat hy 'n tree geneem het, moet hy uitkyk vir die volgende. Onder hom is die afgrond en voor hom is onsekerheid, maar die Here is altyd voor hom uit, vas en seker!

Die gelowige sien nog nie land nie, maar dit is daar as 'n belofte in sy hart. Die Christenreisiger moet sy oë gevestig hou op sy uiteindelike plek. Die Skrif beroep ons verskeie kere daarrop.

“Wend julle tot My en laat julle red, alle eindes van die aarde! Want Ek is God, en daar is geen ander nie” (Jesaja 45:22, AFR53).

“Maat ek sal uitsien na die HERE, ek wil wag op die God van my heil, my God sal my hoor” (Miga 7: 7).

Ek verkies om aan die lewe te dink soos koning aan Josafat se oorlog, saam met al die kinders van Juda, in die woestyn (sien 2 Kronieke 20). Verseker is dit is 'n woestyn; ja, daar is slange, droë watergate, valleie van trane, vyandige leërs, warm sand, droogte en onbegaanbare berge. Toe die kinders van die Here stilgestaan het om sy verlossing te sien, het Hy 'n tafel in daardie woestyn gedek. Koning Josafat het gebid: “HERE, God van ons vaders, is Ú nie God in die hemel nie, en is Ú nie Heerser oor al die koninkryke van die nasies van die nasies nie? Ja, in u hand is krag en sterkte, sodat niemand teen U kan standhou nie. Het Ú, onse God, nie die inwoners van hierdie land voor u volk Israel uit verdrywe en dit vir altyd aan die nageslag van Abraham, u vriend, gegee nie?” (2 Kronieke 20:6-7).

Gedurende die hele geskiedenis van Israel in die Skrif, het God hulle gewaarsku om aan alle volgende geslagte te vertel waar hulle redding vandaan sou kom: “Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, sê die HERE van die leërskare” (Sagaría 4:6).

Hou op om in die verkeerde rigting om hulp te soek. Sonder jou af saam met Jesus op 'n plek waar jy alleen is; vertel Hom alles van jou verwarring. Sê vir Hom dat jy geen ander plek het om heen te gaan nie. Sê vir Hom dat jy Hom alleen vertrou om jou deur te dra. Jy sal in die versoeking kom om sake in jou eie hande te neem. Jy sal dinge self wil oplos. Jy sal wonder of God enigsins aan die werk is, maar vertrou dat God jou enigste redding is.