Waar is Wysheid?

David Wilkerson (1931-2011)

“Maar die wysheid – waar word dit gevind? En waar is die plek van verstand? Die mens ken nie die waarde daarvan nie, en dit word in die land van die lewendes nie gevind nie” (Job 28:12-13, AFR53).

Ek vergeet dikwels hoe groot God is enhoe klein en beperk my begrip van Hom is.. Almagtig en ewig, woon Hy in elke hoek van die heelal. Hy het ons eerste asemteug gegee en sal langs ons wees as ons ons laaste een neem. 

Terwyl ek aan God se grootheid dink, versterk my geloof eksponensieel. My beperkinge, vergelyk met sy almag, spoor my aan om Hom met nuwe energie, nuwe intensiteit te soek. Ek begeer nie net sy helpende hand nie, maar ek soek sy aangesig. Ek wil Hom ken, om te verstaan wat Hy vir my probeer sê. Ek wil verby die voor die hand liggende kyk en die ongesiene werk van die Gees sien – in my lewe en op die aarde.

Hoe maklik verklein ons ons geloof tot net dit wat ons kan sien! Here, lei my in u wêreld, u gedagtes, u perspektief in. Gee vir my die vertroue in U waarna ek smag, vertroue dat U in beheer is en dat Ek in u hande is. Help my om ‘n innerlike omgewing te skep waar wysheid en geloof floreer. My begeerte is om u, Here, te ken en om u stem te hoor en volkome in ooreenstemming daarmee te wees. Dit is om my sonde en mislukking agter my te laat en om ‘n lewe te leef wat U behaag. 

 

Wysheid,

Wie kan dit vind?

Waar?

Die dieptes sê: “Dis nie in my nie”.

Die see sê: “Dis nie by my nie”.

Dit kan nie met goud verkry word nie,

Silwer kan nie afgeweeg word

Vir die prys daarvan nie.

Dit kan nie gewaardeer word nie...kosbare oniks

Of saffier.

Dit kan nie verruil word vir juwele nie, 

Moenie eers praat van koraal of pêrels nie,

Want die prys van wysheid

Is ver bo robyne.

Waar kom wysheid dan vandaan?

Waar is die plek van begrip?

God verstaan

En Hy ken die plek daarvan.

Hy wat sien onder die hele hemel,

Wat die gewig van die wind weeg, 

Sê vir die mensdom:

“Kyk

Die vrees van die HERE—

Dit is wysheid.

Om af te wyk van die kwaad—

Dit is verstandig.

Die vrees van die Here is die begin 

Van alle wysheid.

Hy wat wysheid het,

Laat hom met liefde

God vrees

En sy sonde laat staan.”