Waak oor Dit Wat God Gegee Het

Gary Wilkerson

In Paulus se briewe aan Timótheüs, beskryf hy hoe om valse leraars te identifiseer en toe het hy hierdie jong protégé beveel: “Maar jy, man van God, vlug van hierdie dinge weg, en jaag ná die geregtigheid, godsaligheid, geloof, liefde, lydsaamheid, sagmoedigheid. Stry die goeie stryd van die geloof, gryp na die ewige lewe, waartoe jy ook geroep is en die goeie belydenis voor baie getuies afgelê nie” (1 Timótheüs 6:11-12, AFR53).

My Pa het my die volgende geleer: Die honger, soekende hart kan soveel van Jesus kry as wat hy wil hê. Moenie tevrede wees nie. Gaan voluit! Streef ‘n ware lewe met Christus na. Kry meer van Jesus. Raak verlief op Jesus. Soek die Vader in die oggend en die Heilige Gees in die middag en Jesus in die nag. Bring jou hele dag deur rondom Jesus en wees met Hom vervul.

Ek dink dit is wat Paulus hier vir Timótheüs gevra het om te doen.

Om die ewige lewe in besit te neem, die lewe waartoe ons geroep is, beteken om Jesus alles in jou lewe te maak. Jesus is my alles. Jesus is in elke deel van my lewe. Paulus het in wese gesê: “Man van God, jaag dit na met alles in jou. Laat dit jou passie wees, en daardie deugde van geregtigheid, godsaligheid, lydsaamheid sal soos lewende kole in jou hart wees. Blaas die wind van die Heilige Gees daaroor. Laat toe dat die Heilige Gees weereens opnuut op jou blaas sodat daardie vuur nooit koud word nie, die kole nooit koud word nie maar eerder aanhou brand. Jy moet nuwe hout daarop sit.”

‘n Bietjie later, gebruik Paulus nog sterker taal in sy opdragte aan Timótheüs. Hy het gesê: “o Timótheüs, bewaar jou pand en vermy die onheilige, onsinnige praatjies en teëwerpinge van die valslik sogenaamde kennis, waarvan sommige belydenis gedoen het en, wat die geloof betref, op ‘n dwaalweg geraak het” (1 Timótheüs 6:20-21).

Paulus het in wese gesê dat daar verantwoordelikheid in jou lewe is. Dit beantwoord die vraag: As dissipelskap totaal van God afhanklik is, waarom is sommige Christene radikale, voluit dissipels en ander nie?

Ek sou sê dit kom neer op die hierdie saak waaroor Paulus in sy briewe praat. Streef ons na die gawes van die Gees, jaag ons na meer van Jesus se teenwoordigheid in ons lewens en hou ons vas aan ons geloof? Waak ons oor die nuwe lewe wat God in ons geplaas het?