Vreugde wat in Jou Huis Straal

Claude Houde

Ek wil graag 'n eenvoudige beginsel met jou deel wat kragtig is en tog dikwels vergeet of verwaarloos word: 'n Sterk en stralende gesin is 'n gesin wie se lede pret het en weet hoe om saam te lag.

Ek wil die geestelike gawe van vreugde uitlig. Die Skrif sê vir ons: "Daarom het ek die vreugde geprys, dat daar niks beters is vir die mens onder die son nie as om te eet en te drink en hom te verheug, en dat dit hom mag begelei by sy moeitevolle arbeid gedurende die dae van sy lewe wat God hom gee onder die son" (Prediker 8:15, AFR53).

Wanneer die skrywer van Prediker na “die dae van sy lewe onder die son” in die Bybel verwys, praat hy nie van 'n alles-ingeslote vakansie in die trope nie. Vreugde moenie afhanklik wees van konteks of omstandighede nie maar eerder 'n gesindheid van die hart wees. Dit is 'n pertinente Bybelse herinnering – buiten ons verantwoordelikheid om te werk, om by te dra tot die behoeftes van ons gesin en om waardes en beginsels van lewe en geloof by hulle te vestig – dat ons geroep is om vreugde te uit te deel en 'n pragtige atmosfeer in ons huise te koester.

Ongelukkig, is vreugde te dikwels die ontbrekende bestanddeel in gesinne wat te ernstig, te besig, te gestruktureerd of te veeleisend is.

Laat ek jou sagkens aan drie dinge herinner.

  • • Jou gesin is nie 'n militêre oefenkamp nie. Jy is nie 'n sersant nie en jou kinders is nie soldate om in te breek nie.
  • • Jou gesin is ook nie 'n navorsingslaboratorium nie, en julle is nie wetenskaplikes wat die afdoende formule vir 'n perfekte gesin en kinders soek nie.
  • • Jou gesin kan en moet die noodsaaklikhede van God se lewe ernstig opneem sonder om hulleself te ernstig op te neem.

Ek kan jou 'n oneindige waarheid meedeel: daar is nie iets soos 'n volmaakte gesin nie! Ons kinders is nie perfek nie, en hulle sal ook nooit wees nie. Die uiteindelike resep vir gesinsvolmaaktheid bestaan ​​nie. Laat ons gevolglik leer om vir ons onvolmaakthede te lag. Hier is 'n paar goeie vrae om jouself af te vra: Speel julle saam? Lag julle saam? Dra jy by om 'n atmosfeer van vreugde in jou huis te bring en te handhaaf? Een van die vrugte van die Gees is blydskap. Ons verantwoordelikheid as volwassenes is om self te leer en vir ons kinders te wys dat die blydskap van die Here ons krag is.

Claude Houde is the hoofpastoor van Eglise Nouvelle Vie (Nuwe Lewe Kerk) in Montreal, Kanada. Onder sy leierskap het Nuwe Lewe Kerk gegroei van ‘n handjievol mense tot meer as  3500 in ‘n deel van Kanada met min suksesvolle Protestante kerke.