Vergifnis Lei tot Blydskap

David Wilkerson

Die Bybel sê dat die blydskap in die Here ons beskutting is. Daarsonder, het ons geen krag om staande te bly nie. Ons moet waaksaam wees omdat skuldgevoelens en veroordeling oor sonde ons vreugde in die Here vernietig!

Talle Christene is tans vasgevang in hierdie slawerny. Hulle slaag nie daarin om volkome en vrye vryspraak te aanvaar nie en glo hulle het geen reg om blydskap te hê nie. Dwarsdeur die Skrif, het God sy vreugde-olie uitgestort op hulle wat geleer het om hulle sonde te haat en sy geregtigheid lief te hê. Dit is wat die Skrif van Jesus sê: “U het geregtigheid liefgehad en ongeregtigheid gehaat; daarom het, o God, u God U geslaf met vreugde-olie bo u metgeselle” (Hebreërs 1:9, AFR53).

Mense wat hulle sonde afgelê het en met die Here wandel, het moontlik ‘n onafgehandelde stryd. Steeds word hulle egter na die Here getrek met ‘n honger wat die uiteinde onafwendbaar maak; hulle sal blydskap hê.

Veronderstel Jesus sou verskyn in die vlees, geklee as ‘n gewone mens en langs jou kom sit. ‘n Gewonde, verslane Christen met ‘n uitdrukking van somberheid, skuld, veroordeling en vrees, jy herken Hom nie wanneer Hy met jou begin praat nie.

“Het jy die Here werklik lief?” vry Hy.
Jy sal waarskynlik antwoord: “Ja, baie!”
“Jy het mos gesondig, nê?”
“J-ja” sou jy antwoord.
“Glo jy nie dat Hy almal vergewe wat bely en hulle sonde laat staan nie?”
“Ja, maar....ek is jammer meneer. Ek glo ek het my Verlosser seergemaak en Hom regtig verwond”.
“As jy dit bely het, waarom ontvang jy nie sy vergifnis nie?”
“Ek het dit al soveel keer gedoen!”
“Glo jy dat Hy elke keer wat jy bely en jou bekeer, sal vergewe”?
“Ja”.
“Haat jy jou sonde? Wil jy Hom steeds hê?
“O, ja!”
“Waarom laat jy dan toe dat die duiwel jou beroof van die oorwinning van die kruis, die krag van die bloed van die Lam? Waarom eien jy nie sy vreugde toe en kyk op nie?”

Geliefde, moenie moed verloor en jou vreugde in die Here prysgee nie. Jy het die reg om Hom te prys, te sing, uit te roep en bly in die Here te wees, want jy het ‘n Vader wat vergewe.