Verering van Ons Voorgangers

Claude Houde

“Want U is my verwagting, Here HERE, my vertroue van my jeug af. Op U het ek gesteun van die geboorte af, van die moederskoot af is U my bevryder; oor U is my lof altyddeur. Ek was vir baie soos ‘n wonder; maar U is my magtige toevlug. My mond is vol van u lof, die hele dag van u roem. Verwerp my nie in die tyd van die ouderdom nie, verlaat my nie as my krag gedaan is nie” (Psalm 71:5-9, AFR53).

Ek het Psalm 71 nog altyd baie aangrypend gevind. Dit is 'n roepstem uit die hart van 'n man wat van sy jeug af tot in sy latere jare naby God was. Hy het groot dade verrig en was selfs op sy tyd deur sy tydgenote as 'n held en 'n rolmodel beskou. Dit is ook die portret van 'n man wat in die herfs van sy lewe nou bang is om vergeet te word.

Hierdie hart-diep kreet is des te meer oorweldigend, want dit is die weerspieëling van 'n stille epidemie vandag, dat miljoene mans en vroue van 'n hoë ouderdom voel asof hulle eenkant toe geskuif is deur 'n prestasie-gebaseerde samelewing wat buite verhouding en wreed gefokus is op die jeug.

In die moderne taal, sou die psalmdigter bekommerd wees oor die feit dat sy seun hom slegs een keer per jaar bel op Kersfees en dat sy kleinkinders altyd te besig is om by hom te kom kuier. Hy sou bang wees om sy intellektuele vermoëns, sy geheue of sy selfbeskikking te verloor.

Natuurlik maak die regering se advertensieveldtogte ons bewus van die lyding wat baie bejaardes beleef as gevolg van eensaamheid, verwaarlosing en soms selfs mishandeling. Nietemin, glo ek dat bewusmaking die minste is wat ons, as kinders van God, kan doen. Ons word geroep om ons bejaardes te beskerm en 'n toevlug vir hulle te wees. Dit is hulle wat die samelewing waarin ons leef, sowel as die kerke waarin ons saamkom om ons geloof uit te leef, opgebou het,. Ek moedig jou aan en daag jou uit om respek, sorg en liefde aan bejaardes rondom jou te betoon. Ek moedig jou aan om hulle te beskerm teen die eensaamheid en isolasie en hulle te eer soos God ons roep om te doen.

Claude Houde is the hoofpastoor van Eglise Nouvelle Vie (Nuwe Lewe Kerk) in Montreal, Kanada. Onder sy leierskap het Nuwe Lewe Kerk gegroei van ‘n handjievol mense tot meer as 3500 in ‘n deel van Kanada met min suksesvolle Protestante kerke.