Die Onophoudelike Liefde van God

David Wilkerson (1931-2011)

Ek wil met jou praat oor die woord “onophoudelik.” Dit beteken onverminderd in intensiteit of inspanning, sonder kompromie. Om onophoudelik te wees, is om vas te hou aan 'n bepaalde koers en om nie deur argumente oorreed te word nie.

Die liefde van ons Here is absoluut onophoudelik. Niks kan sy liefdevolle soeke na sondaars en heiliges belemmer of verminder nie. Die Psalmdigter het dit uitgedruk as “U sluit my in van agter en van voor, en U lê u hand op my.... Waar sou ek heengaan van u Gees en waarheen vlug van u aangesig? Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar” (Psalm 139:5,7-8, AFR53).

David praat van die groot hoogte- en laagtepunte wat ons in die lewe beleef. Hy sê: “Daar is tye dat ek so geseënd is; Ek voel opgewek van vreugde. Ander kere voel ek of ek in die hel is, veroordeel en onwaardig. Maar maak nie saak waar ek nie is nie, Here – maak nie saak hoe geseënd ek ook al voel of hoe laag my toestand is nie – U is daar. Ek kan nie wegkom van u onophoudelike liefde nie. U aanvaar nooit my argumente oor hoe onwaardig ek is nie. U liefde vir my is onophoudelik!”

Ons moet ook die getuienis van die apostel Paulus in ag neem. Terwyl ons van sy lewe lees, sien ons 'n mens wat vasbeslote was om God se kerk te vernietig. Paulus was soos 'n mal mens in sy haat vir Christene. Hy het die hoëpriester se magtiging gevra om gelowiges te vervolg, sodat hy in hul huise kon inbars en hulle tronk toe kon sleep.

Nadat hy tot bekering gekom het, het Paulus getuig dat God hom liefgehad het, selfs gedurende daardie haat gevulde jare – terwyl hy vol veroordeling was en die dissipels van Christus blindelings doodgemaak het – het God hom liefgehad. Die apostel het geskryf: “Maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was” (Romeine 5: 8).

Deur die jare, het Paulus toenemend daarvan oortuig geword dat God hom tot die einde toe sou liefhê, deur al sy hoogte- en laagtepunte. Hy het gesê: “Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of  toekomende dinge of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, ons Here, is nie” (Romeine 8:38-39).

As ons eers God s’n is, kan niks sy kinders van sy liefde skei nie. Maak nie saak waarheen ons gaan nie, God weet waar ons wegkruipplek is. Niks kan God keer om ons lief hê nie.