Uitstortings van die Heilige Gees

David Wilkerson (1931-2011)

Ons hoor dikwels sendelinge praat van groot herlewings regoor die wêreld. In alle gevalle is die "gees van gebed" gekoppel aan die oes. In Viëtnam, China, Siberië, die Amasone, Afrika en talle ander plekke, bid God se kinders met vuur en ywer, smeek en roep tot God, soek sy aangesig, reken met sonde af en bekeer hulle tot geregtigheid.

Jy kan nie hierdie soort drang om te bid fabriseer nie. Dit is die resultaat van die gees van smeking soos God in Sagaria 12:10 belowe het. Hierdie gelowiges regoor die wêreld beleef dit reeds!

Ons vra dikwels vir weke van gebed by Times Square Church en ons beleef 'n klein voorsmakie van hierdie uitstorting van die Gee. Daar is inderdaad 'n mate van vuur en ywer in gebed dwarsdeur hierdie land, maar ons het nog nie die uitstorting van die Gees van smekinge beleef nie.

God het vir my gewys dat selfs die begeerte en lus om te bid van die Heilige Gees moet kom. Nou is my dilemma dat God belowe het om 'n gees van smekinge oor sy kerk uit te stort, en ek wil deel wees van die ware beweging van God. So, hoe kan ek seker maak dat ek hierdie uitstorting ontvang? Die antwoord is in Sagaria: “Bid tot die HERE om reën in die tyd van die laat reëns; die HERE maak die weerligte, en Hy sal aan hulle ‘n stortreën gee, plante op veld vir iedereen” (Sagaria 10:1, AFR53).

Ons moet die Here vra vir hierdie gees van smekinge. Die flitsende wolke in hierdie vers praat van “weerlig, donderstorms” want God het belowe om vir ons uitstortings te gee. Hy sê vir ons in Sagaria: “Vra en Ek sal vir jou hierdie las uit die hemel gee, maar jy moet dit van My vra!” 

Dit is tyd dat ons vir die Here begin vra, “O God, stort u Heilige Gees op my dat ek kan leer bid! Maak die fontein oop. Laat my deel wees van U laaste oes”. Sodra hierdie gees van smeking op jou neerstort, sal jy vind dat jy vir heiligheid, godsaligheid en reinheid bid. Jy sal intree vir jou verlore geliefdes en huil oor hierdie sterwende wêreld. Jy moet die Heilige Gees vra om dit in jou te doen en Hom dan daarvoor vertrou!