Tevrede met Te Min

David Wilkerson (1931-2011)

God het soveel wat Hy vir jou wil gee. “Beproef My tog hierin, sê die HERE van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle ‘n oorvloedige seën sal uitstort nie” (Maleági 3:10, AFR53). Hy staan in ‘n vol stoorkamer en sê: “Ek is ‘n vrygewige, liefdevolle God, maar baie min mense sal van My ontvang. Hulle laat My nie God vir hulle wees nie!”

Ons moet God natuurlik dank vir alles wat Hy doen en reeds gegee het, maar ons is nie tevrede met wat ons dink genoeg is nie.

Baie Christene is tevrede om in die kerk te sit en geseënd te wees deur God se teenwoordigheid. Sulke mense is niks meer as “versadigde sponse” nie. Hulle suig alles op, maar wanneer God hulle wil salf vir diens, beperk hulle Hom in hulle lewens.

Op Jesus se laaste nag saam met sy dissipels, het Hy hulle bemoedig en gesê: “Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo — die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat EK na my Vader gaan” (Johannes 14:12). Glo ons werklik dat Christus en die Heilige Gees God se goeie en volmaakte gawe aan jou is? Sien jy Hom as al wat jy nodig het om met blydskap, oorwinning, regverdig, vol vrede en rustig te lewe?

Ons moet die Skrif volkome vertrou wanneer dit sê: “Ek goeie gif en elke volmaakte gawe daal van bo af neer, van die Vader van die ligte, by wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie” (Jakobus 1:17).

As ons God werklik geken en Hom God vir ons laat wees het, sou ons vir soveel meer gevra het. Ons sou tot in die hemel reik deur geloof en glo dat God die goddelose leiers in lokale, staat en federale departemente sal laat val. Ons sou glo dat God ons sou help om ons stad te versadig met die evangelie van Jesus. Ons sou met geloof teëstand bied teen alle wapens wat teen ons gesmee word, en ons sou sataniese vestings in ons gesinne en kerke neerwerp.

Ons visie sou onbeperk wees. Ons sou God glo vir nog groter dinge vir sy koninkryk!