Sy Woord Verseker My Hoop

Tim Dilena

Broer Dave Wilkerson het een van die mees fantastiese stories vertel. Dit was oor hierdie 82-jarige vrou wat alleen in een van die New Yorkse distrikte gewoon het. Een aand het sy gehoor hoe iemand teen die voordeur begin hamer.

Haar slaapkamer was bokant die trappe; sy het afgekyk en gesien hoe 'n man haar deur oopskop. Wat doen jy? Jy is 82 jaar oud; hierdie man is op die punt om alles wat jy het te steel. Sy het net begin uitroep: "Acts 2:38, Acts 2:38, Acts 2:38." Die man het verstar en toe op die vloer gaan lê, sy arms oopgesprei en daar gebly totdat sy die polisie ontbied het, en die polisie het gekom en hom gearresteer.

Let op, die vers sê net om jou te bekeer en in Jesus te glo. Hierdie ou het op die grond gelê omdat die 82-jarige vrou heeltyd gesê het: "Acts 2:38, Acts 2:38." Hier is wat so wonderlik is: Broer Dave het gesê die polisie het begin lag, en hulle het die ou gevra: "Sy is 'n 82-jarige vrou. Hoekom het jy gewag tot ons gekom het?"

Hy het vir hulle gesê: "Luister, as jy geweet het 'n dame het 'n byl en twee 38's, sou jy ook gewag het."

Hier is die belofte wat Jesus aan sy dissipels gegee het, "Maar wanneer hulle julle oorlewer, moenie julle kwel oor hoe of wat julle sal spreek nie, want dit sal julle in daardie uur gegee word wat julle moet spreek" (Matthéus 10:19, AFR53). Wanneer mense in jou lewe kom om jou teë te staan, en jy dink: "Ek word geteiken by my werk, geteiken op my kampus omdat ek iets oor Jesus gesê het. Wat moet ek sê?“ Jesus sê: “Moenie bekommerd wees nie, want jy sal dinge sê wat jy nie eers beplan het om te sê nie, en dit gaan die presiese woorde wees wat jy in hierdie situasie nodig het.”

Dis hoekom ek dink die ou liedjie “Amazing Grace” van John Newton beteken regtig iets as dit sê: “Deur baie gevare, swaarkry en strikke het ek reeds gekom; dis Genade wat my sover gebring het, en Genade sal my huistoe lei. Die Here het die goeie aan my belowe. Sy woord verseker my hoop. Hy sal my skild en deel wees solank as wat ek lewe.”

God weet presies wat ons sal nodig hê en wanneer ons dit nodig sal hê. Hy is ons skild en lewensonderhoudende deel.

Nadat hy ‘n middestad gemeente in Detroit vir dertig jaar lank bedien het, het Pastoor Tim vir vyf jaar by Brooklyn Tabernacle in New York Stad en vir vyf jaar in Lafayette, Louisiana bedien. Hy het Senior Pastoor van Times Square Kerk geword in Mei 2020.