Sterk, Geestelike Kasterolie

David Wilkerson (1931-2011)

God se opdrag om ons vyande lief te hê, kan soos bitter, onsmaaklike medisyne voorkom. Soos kasterolie wat ek in my jeug moes sluk, hoewel dit medisyne is wat genees.

Jesus het dit baie duidelik gemaak: “Julle het gehoor dat daar gesê is: Jy moet jou naaste liefhê en jou vyand moet jy haat. Maar Ek sê vir julle: Julle moet jul vyande liefhê; seën die wat julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg” (Matthéüs 5:43–44, AFR53).

Het Jesus die wet hier weerspreek? Glad nie. Hy het die gees van die vlees wat die wet binnegedring het omgedraai. In daardie tyd, het Jode slegs ander Jode liefgehad. ‘n Jood mag nie hande geskud het met ‘n Heiden of selfs nie eers sy kleed teen ‘n buitestaander laat raak het nie. Dit was nie die gees van die wet nie. Die wet was heilig en het gesê: “As jou vyand honger het, gee hom brood om te eet; en as hy dors het, gee hom water om te drink. Want jy hoop gloeiende kole op sy hoof, en die HERE sal jou dit vergelde” (Spreuke 25:21–22).

Ons kan die onsedelike aksies van diegene in die regering haat. Ons kan die sonde van homoseksuele, aborsioniste en almal wat Christus verag, haat. Maar die Here beveel ons om hulle lief te hê omdat hulle mense is vir wie Jesus gesterf het. Hy het ons beveel om vir hulle te bid. As ek te enige tyd ‘n persoon verag eerder as die beginsel agter daardie persoon, verteenwoordig ek nie waarlik Christus nie.

Ek het ‘n homoseksuele optog in Vyfdelaan in New York Stad gesien. Tweehonderd-en-vyftig gays, baie half naak, sommige met tekens wat sê “God is homoseksueel.” Ek het gesien hoe hulle uit die optog uitkom en op Christene spring wat tekenborde gedra het: “God HAAT Jou Sonde, maar Hy het Jou Lief.”

Ek was rooi van woede. Ek het gevoel asof ek Sodomagtige vuur op hulle kon neerroep. In retrospek het ek egter vir my hart gesê: “Ek is soos die dissipels wat vuur wou neerroep om diegene wat Jesus verwerp het te verteer.”

Homoseksualiteit is sonde. Net soos owerspel. Net soos bitterheid en onvergewensgesindheid.

Sal ons daardie “in jou gesig” militante sondaars liefhê? Vir hulle bid? Hulle wat jou vloek seën? Dit is presies wat Jesus gesê het om te doen, so doen dit!