Spreek die Waarheid in Liefde

Claude Houde

As ouers, laat ons onthou dat dit in die eerste plek in ons huise is waar ons kinders die mees betekenisvolle leerstellings van hul lewens sal ontvang deur ons te sien leef, konflik hanteer en oplos en ook deur te waar te neem hoe ons teenoor mekaar optree.

Een van die belangrikste kwessies in ons strewe na eenheid in ons gesinne, is ons vermoë om konflik te kan hanteer. Te dikwels bevind gesinne hulself aan een kant van twee uiterstes.

  • • Diegene wat alle vorme van konflik vermy, voortdurend in die onuitgesprokene leef en verkeerdelik glo dat die hantering van 'n probleem 'n gebrek aan liefde toon.

  • • Diegene wat vasgevang raak in ernstige konflik met beskuldigings en kwetsende woorde en stelselmatig selfs klein probleempies aanhoudend oordryf sonder die vooruitsig van hoop en oplossing.

Die apostel Paulus is baie reguit in die hantering van hierdie komplekse en soms gespanne onderwerp van konflikhantering. Ons moenie meer kinders wees nie, maar ons moet leer om die waarheid in liefde te spreek om te kan groei. Die vraag wat die Gees jou dus vra, is: “Het ek gegroei? Het ek gevorder in my vermoë om kalm te wees en konflik op te los sedert ek met God begin wandel het? Het ek vordering gemaak in my vermoë om te vergewe?”

As die vraag oor hoe jy konflik hanteer aan jou huweliksmaat en kinders gevra word, wat sou hulle van jou sê? "Pappa het 'n kort humeur ... Ma kritiseer ander gereeld..."

Of sou hulle sê: “My man, my vrou, my pa, my ma is nie perfek nie, maar ek het gesien dat hulle vordering gemaak het deur die jare. Hulle vergeld nie kwaad vir kwaad nie; hulle vind en bring vrede. Die son sak nie op hul woede nie. Hulle laat nie toe dat wrokke binne-in hulle wortel skiet nie”?

Ons moet nie meer onvolwasse kinders wees nie. Ons moet nie meer lieg om dit te vermy om probleme te hanteer nie. Ons moet leer om in alle aspekte van ons lewens te groei. Soos die Skrif sê: “Maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus” (Efésiërs 4:15).

Dierbare gelowiges, laat ons ons gesinne en mekaar liefhê deur te leer hoe om die waarheid met genade en liefde te spreek.

Claude Houde is the hoofpastoor van Eglise Nouvelle Vie (Nuwe Lewe Kerk) in Montreal, Kanada. Onder sy leierskap het Nuwe Lewe Kerk gegroei van ‘n handjievol mense tot meer as  3500 in ‘n deel van Kanada met min suksesvolle Protestante kerke.