Maak Die Aanklaer se Stem Stil

Gary Wilkerson

Meer as 2 000 jaar gelede, het Jesus die belofte wat in Genesis gemaak is, ‘n werklikheid gemaak. Hy het die aanklaer se kop kom vermorsel.

Baie van julle in hierdie vertrek word tans beskuldig. Word jy ooit om 3:00 in die oggend wakker en voel jy die las van daardie beskuldiging? Dit is die vreemdste ding. Ek word amper elke aand wakker, maar baie keer wanneer ek in die middel van die nag wakker word, word my gedagtes op ‘n manier oorstroom met hierdie vryswewende angs, die gevoel van “Man, ek dink ek het iets verkeerd gedoen.”

Het enige iemand anders daardie soort angs of vrees? Dit is die aanklaer. Die Bybel noem dit die aanklaer van die broers, wat vir jou probeer sê: “Jy is nie goed nie. Jy is nutteloos! Jy onderhou nie die wet nie. Jy is die geringste van die Christene in hierdie plek.” Gewoonlik het ek onder sulke veroordeling, skuldgevoelens en skaamte geleef, en gevoel dat “ek nie die wet genoeg gehoorsaam nie.”

Die Joodse volk kon ook nie al God se reëls en regulasies nakom nie, en dit het vrye toegang tot die vyand en hul eie gewetens gegee om hulle te belas met hierdie gevoel van skuld, skaamte en vrees. Hierdie mense se lewens was besig om uitmekaar te val en vol beskuldigings, maar al wat hulle gehoor het, was die godsdiensleiers wat vir hulle gesê het om harder te probeer en hulle met skaamte en veroordeling te belas. Jesus het gekom en 'n antwoord hierop gebring. Jy sien dit selfs in die uitwerking van sy bediening. Hy het die saligsprekinge verkondig en vir hierdie gebroke en arm mense gesê: “Geseënd is dié van julle wat gebroke is.”

Jesus het, toe Hy na die aarde gekom het, 'n nuwe manier van lewe ingewy waar die Vader ons nie oordeel op grond van ons eie prestasie nie. Ons word nou geoordeel deur die lens van Jesus Christus wat vir ons sê: “Waar is julle beskuldigers? Waar is Satan? Hy is weg! Ek het sy kop onder my voete vermorsel. Waar is daardie innerlike stem wat jou beskuldig? Ek het die vieslike stem wat jou aanval, stopgesit het.”

Waar is die stem van die aanklaer teen jou vriende, jou familie en ander rondom jou? Dit is weg. Ons het vryheid in Christus.