Satan Gebruik Subtiele Planne

David Wilkerson (1931-2011)

“Toe stuur die koning van Assirië ... rábsake...met ‘n swaar leër na koning Hiskia na Jerusalem toe” (2 Konings 18:17, AFR53). Die Assiriërs verteenwoordig vandag se “handleidings na voorspoed.” Die duiwel sal sy leër rondom jou mure paradeer, mense wat magtig, pragtig en skynbaar suksesvol is in alles wat hulle onderneem. Wanneer jy hulle sien, sal jy ingeperk voel soos ‘n gevangene.

Die eerte skelmstreek van die mens van sonde, is om ‘n gelowige se verbintenis daartoe om die Here ten volle te vertrou te bevraagteken. Rábsake, wie se naam “dronk gesant” beteken, was die koning se ambassadeur. Hy het die godvresende uitgetart en gesê: “Wat is dit vir ‘n vertroue wat jy koester? Dink jy dat net lippetaal raad en dapperheid vir die oorlog is? Op wie vertrou jy nou, dat jy teen my in opstand kom” (2 Konings 18:19-20).

Satan voeg dan ‘n ander kinkel by; hy sê vir jou dat God die een agter al jou probleme is. Assirië se boodskapper het gesê: “Die HERE het vir my gesê: Trek op teen hierdie land en verwoes dit” (2 Konings 18:25). Satan sal probeer om jou te oortuig dat God jou wil terugkry, dat Hy kwaad is vir jou. Dit is sy skelmste leuen! Hy sal jou maak glo dat God jou verlaat het en jou aan probleme en hartseer oorgegee het. Hy wil hê jy moet dink dat al jou probleme die gevolg is van God se straf vir jou vorige sondes. Moenie dit glo nie! Dit is Satan se manier om jou te vernietig.

Ons God is ‘n verlosser, ‘n fort. Jesaja het gesê Hy kom “Om vir die treurendes in Sion te beskik dat aan hulle gegee word sieraad vir as, vreugde-olie vir treurigheid, ‘n gewaad van lof vir ‘n verslae gees; sodat hulle genoem kan word terebinte van geregtigheid, ‘n planting van die HERE, tot sy verheerliking” (Jesaja 61:3).

Nee, dierbare gelowige, jy is nie besig om onder te gaan nie. Jy word eenvoudig aangeval, en word gepeper deur die vyand se leuens omdat jy hart volkome daarop ingestel het om regtig die Here te vertrou. Satan probeer jou geloof in God verwoes.