Reken Af met Jou Vrese

David Wilkerson (1931-2011)

Jy moet leer om jou eie stryd te stry as jy ‘n volwasse gelowige wil word. Jy kan nie altyd van iemand anders afhanklik wees vir jou verlossing nie. Miskien het jy ‘n gebedstryder vriend vir wie jy kan skakel en sê: “Ek het ‘n stryd wat voor my lê. Sal jy vir my bid? Ek weet jy het krag by God!”

Dit is skriftuurlik, maar dit is nie God se volmaakte wil vir jou nie. God wil hê jy moet ‘n kryger word. Hy wil hê jy moet die duiwel kan teëstaan.

Toe Israel verdruk is deur hulle vyande, het God vir Gideon belowe: “Ek sal met jou wees, sodat jy die Midianiete soos een man sal verslaan” (Rigters 6:16, AFR53). God het in wese vir hom gesê: “Ek het jou gestuur; Ek sal met jou wees.”

Toe die inwoners van die stad na die een kom soek het wat hulle afgod omgegooi het (sien Rigters 6:28-32). Waar was Gideon? Hy het steeds weggekruip, steeds onseker oor God se beloftes, steeds gewonder of God met hom was. Gideon het gesê: “Ag, my heer, as die HERE met ons is, waarom het al hierdie dinge ons dan oorgekom? En waar is al sy wonders waar ons vaders ons van vertel het....?” (Rigters 6:13).

So gaan dit met baie van ons! Jesus het ons belowe: “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld” (Matthéüs 28:20). Ten spyte daarvan, het ons nie geleer om op sy Woord te staan en te stry nie.

Dinge sal begin verander die oomblik waarop jy volkome oortuig is dat God met jou is. Hy praat met jou, en Hy sal jou alles wys wat jy moet weet. Jy is sterker as jy dink! Soos Gideon, mag jy miskien wonder: “Hoe kan ek stry? Ek is so swak, so onervare.”

God het vir Gideon gesê: “Gaan in hierdie krag van jou” (Rigters 6:14). “Watter krag?” vra jy miskien. Gideon se krag was opgesluit in God se woord aan hom: “Ek sal met jou wees.” Geliefde, dieselfde woord – “Ek is met jou” – is jou krag! Jy sal krag ontvang deur hierdie woord te glo en daarop te reageer!