Die Verlossing van God se Oordeel

David Wilkerson (1931-2011)

God is op die punt om iets nuuts en glorieryk te doen. Hierdie nuwe ding is meer as ‘n herlewing, meer as ‘n ontwaking. Dit is 'n werk van God wat Hy alleen begin as Hy nie meer die beswaddering van sy heilige Naam kan verduur nie. Hy sê: “Maar Ek het gehandel ter wille van my Naam, dat dit nie ontheilig sou word voor die oë van die nasies voor wie se oë Ek hulle uitgelei het nie" (Eségiël 20:14, AFR53).

Daar kom 'n tyd dat God besluit dat sy Woord so in die modder getrap is en dit wat “die kerk” genoem word, so besoedel is deur gruwels wat so onrein is dat Hy moet opstaan en sy Naam verdedig voor 'n verlore wêreld.

Jy kan dit alles lees in Eségiël 36:21–38. God maak ontsagwekkende uitsprake oor wat Hy sal doen, veral om die eer aan sy Naam te herstel. “En Ek sal my grote Naam heilig wat onder die nasies ontheilig is, wat julle onder hulle ontheilig het; en die nasies sal weet dat Ek die HERE is, spreek die Here HERE as Ek My in julle voor jul oë as die Heilige laat ken. En Ek sal julle uit die nasies gaan haal en julle uit al die lande bymekaar laat kom, en Ek sal julle in jul land bring. Dan sal Ek skoon water op julle laat giet, sodat julle rein kan word; van al jul onreinhede en van al jul drekgode sal Ek julle reinig” (Eségiël 36:23-25).

Ter wille van sy eie Naam, gaan God twee magtige werke doen. Eerstens gaan Hy die nasies en sy kerk suiwer met ontsagwekkende verlossingsoordele. Hy gaan die skending van sy huis deur homoseksuele en kwaksalwers stop en Hy gaan die bediening suiwer en reinig en herders na sy eie hart verwek.

Tweedens, God gaan sy heilige Naam verheerlik met 'n groot ingryping van genade. In die tye van oordele wat vervul word, gaan God tot ons redding kom deur 'n bonatuurlike “bekering” van 'n oorblyfsel terug na Hom toe. Wat Hy vir Israel gedoen het toe hulle geoordeel is, sal Hy in die komende dae weer doen.

Kom ons soek ons Here vurig in die binnekamer van gebed en sien uit na die groot en glorieryke verlossingswerk wat Hy ter wille van sy Naam gaan doen.