Mag oor Vrees

David Wilkerson (1931-2011)

Ek is bang.

Vreesagtigheid en senuagtigheid oorval my;

Vrese van die dood het my oorval.

 

Bang omdat daar meer kwaad in my is as goed,

Leuens meer as geregtigheid,

Swakheid in plaas van sterkte.

Ek is soos ‘n onryp olyfboom

Sonder vrug.

O, as ek maar vlerke gehad soos ‘n duif,

Sou ek wegvlieg

En gerus wees.

Ek sou my ontvlugting verhaas

Van die woeste wind

En die storm.

 

Bang dat God my afsny

En hierdie groen boom vervloek,

Want Hy het gekom om vrug te soek

En niks gekry nie.

 

So bang dat al wat ek kan doen, is om op Hom te vertrou.

Ek sal roep

En Hy sal my red.

Hy sal my stem hoor

En my siel verlos in vrede

Van die stryd

Wat teen my is

Hy sal my trane opvang.

God is vir my.

Hy sal keer dat my voete gly,

Dat ek voor Hom kan wandel in die lig van die lewendes.

 

Is jy vasgevang in vrees? Dwaal jou gedagtes dikwels weg van die veiligheid van God se teenwoordigheid na die vreesaanjaende plekke wat jou die ergste scenario laat verbeel? Julle is nie alleen nie, dierbare vriende! Alle mense stry teen vrees, selfs die dapperste en sterkste onder ons. Die psalmdigter Dawid het sy vrese en sy behoefte om terug te keer na die sorg en beskerming van die Here uitgespreek. “Die dag as ek vrees, sal ék op U vertrou” (Psalm 56:3, AFR53).

Hierdie beskerming is nie net vir die fisiese liggaam nie; ons gedagtes moet ook versterk word. Die vyand van ons siele wil ons verswak en oorwin met vrees, selfs voor die stryd begin het. Sy plan is om ons swak en verslaan deur sonde te laat voel en om ons lam te lê met vrese van dinge wat nooit sal gebeur nie.

God het egter ander planne vir ons. “Vertrou op My!” sê Hy. “Satan is reeds verslaan. Julle is my seuns en dogters. Niks is te moeilik vir My nie, en julle het my volkome beskerming. Ek is julle magtige skuliplek. Gee julle vrese vir My.”

Hier is die apostel se kragtige teengif teen vrees. “En Hy [die HERE] het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon” (2 Korinthiërs 12:9). Ons het die krag van Christus!