Die Krag van ‘n Vader se Woord

Gary Wilkerson

Ek het onlangs 'n storie gelees oor 'n gesin in Madrid, Spanje. Die pa het 'n groot vete met sy tienerseun gehad. In hulle verhouding het hulle die hele tyd gebots, maar toe sê die seun 'n paar werklik verskriklike dinge en maak hy keuses sodat hulle hom nie meer in die huishouding kon hou nie. Op die laaste oomblik het die pa by hom probeer smeek om te bly, maar hy wou nie.

Dit is die verhaal van hierdie erg gebroke verhouding. Die pa het oral deur Spanje gereis om sy seun te soek en toe hy die boodskap kry dat die seun moontlik in Madrid is, het die pa na Madrid gegaan. Die stad is egter enorm en daarom kon hy sy seun nêrens kry nie. Hy het besluit om 'n laaste poging aan te wend. Hy het 'n advertensie in die koerant geplaas wat sê: “Paco, dit is jou pa. Ek het jou lief. Alles is vergewe. Kom huis toe." Hy het bygevoeg dat hy twee dae nadat die advertensie verskyn het, by die ingang van die nuuskantoor sou wag. Hy het die advertensie by die koerant ingedien en toe gewag.

Op die bepaalde dag het die pa na die nuuskantoor gegaan en op die trappe gaan staan. Volgens berigte het meer as 800 jong mans met die naam Paco opgedaag. Agt honderd jong mans het gesê: “As my pa net na my sou uitreik. As my pa sou sê dat ek vergewe is, as my pa na my sou vra, sou dinge anders wees.”

Ek wil die vaders wat hier lees, vra om so ‘n vader te wees. Doen dit voordat jou kinders weggaan, reg? Laat hulle weet dat hulle geliefd is. Sê vir hulle dat jy trots op hulle is. Spreek seënwense oor hulle uit. Vir jong mans, spreek 'n vader gereeld hulle manlikheid aan en gee hulle 'n gevoel van selfvertroue en krag. 'n Vader van 'n dogter gee vir hulle 'n goeie idee van wie hulle in Christus is en wie hulle in hul vroulikheid is.

Dit is die hart van God waarna Paulus wys: “Ek sal in julle woon en onder julle wandel, en Ek sal julle God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees ... en Ek sal vir julle 'n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here die Almagtige” (2 Korinthiërs 6:16,18, AFR53).

Hy kom soek ons; Hy spreek in ons harte die waarheid van wie ons gemaak is om te wees.