Oorweldig deur die Onmoontlike

Gary Wilkerson

Sondag na Sondag hoor jy die Woord verkondig word, en miskien gaan jy weg en dink: “Nog iets om op die lys af te merk; ek moet nou dit doen.” As jy kerk toe gaan al 52 Sondae van die jaar, gaan jy 52 nuwe dinge elke jaar kry wat jy moet doen?

Sommige van julle kom al kerk toe vir 10 jaar of meer. Dit is meer as 500 dinge wat jy beter besig wees om te doen, en jy beter dit reg doen! Jy beter dit goed doen, of die herder sal weer daaroor preek. Volgende keer, sal hy harder preek en ook kwater vir jou word. Wie wil na so ‘n kerk toe gaan? Wie wil so ‘n geloof hê?

Dit is genoeg om iemand te laat dink: “Is daar nie iets meer as wat ‘n herder of ‘n vriend heeltyd sê nie: ‘Moenie dit doen nie, en begin dat doen. Doen ‘n bietjie minder hiervan. Begin ‘n bietjie meer daarvan doen. Hier is die reëls. Hier is nog regulasies.’”

Wanneer ons die Skrif lees, is dit nie die Ou Testament se wet nie, maar die Nuwe Testament se evangelie soos baie van ons dink. Binne die Skrif van Génesis tot Openbaring, is daar beide wet en evangelie. Die roeping op ‘n Christen se lewe soos wat ons die Woord van die Here lees, is vir ons om die Heilige Gees te vra om ons onderskeiding te gee. Is wat ons lees die wet of is dit die evanglie?

Die wet is goed. Het jy dit geweet? Die Bybel sê die wet is goed. Daar is ‘n plek in die Nuwe Testament Verbond met God vir die wet om te funksioneer in ons lewe.

So, wat is die wet? Dit is die gebod van God. “Jy moet dit doen.”

Dit is maklik om oorweldig te word met hierdie gevoel van “Dit is onmoontlik, dit is onmoontlik, dit is onmoontlik,” en dan kom Jesus en sê goed! Jy kom uiteindelik by die openbaring van jou eie onvermoë, jou eie gebrokenheid, jou eie gebrek aan eie-vermoë, jou eie gebrek aan geregtigheid om al hierdie goeie dinge, wat die wet van ons verwag, te doen!

Vrede en gesag in ons Christelike wandel sal nie kom uit ons verbintenis om die wet te gehoorsaam en te bewaar nie; dit is om onsself aan Jesus Christus te toe te wy, en daardie verbintenis veroorsaak dat sy krag geregtigheid in ons harte bewerkstellig.