Ons Onoorwonne Blydskap

David Wilkerson (1931-2011)

Ons wat Christus se geregtigheid ken, moenie lewe soos diegene wat sonder hoop is nie. Ons is geseën met beide die liefde en die vrees van God.

Wat wil God hê moet sy kinders weet in die lig van hierdie waarheid? Hy sê dit alles in een vers: “So sal dan die losgekooptes van die HERE teruggaan en na Sion kom met gejubel, en ewige vreugde sal op hulle hoof wees; vreugde en blydskap sal hulle verkry; kommer en gesug vlug weg” (Jesaja 51:11, AFR53). Met ander woorde: “Ek gaan ’n volk hê wat met vertroue, geloof en oortuiging na My toe terugkeer. Hulle sal hul oë van die omstandighede rondom hulle afhaal en hulle sal hul vreugdeslied terugkry.”

God se wil is dat ons in die donkerste, verskriklikste tye sy vreugde en blydskap sal hê. Selfs as ons oordeel rondom ons sien kom, moet ons sing en jubel, nie omdat oordeel gekom het nie, maar ten spyte daarvan.

Jesaja 51:11 begin met 'n Hebreeuse woord wat beteken "In die lig van wat ek sopas gesê het." Wat het die profeet sopas gesê? Hy het met God gepraat: “Is dit nie u wat die see, die waters can die groot wêreldvloed drooggemaak het nie, wat van die dieptes van die see ‘n pad gemaak het vir die deurtog van die verlostes nie?” (Jesaja 51:10). Jesaja het Israel daaraan herinner dat God hulle belowe het en sy passie getoon het om hulle te red. Hierdie vers sê: “Ek is steeds die Here, die Oue van Dae, die werker van wonderwerke. My arm is nog sterk om jou te verlos.”

Vervolgens, sal die blydskap wat God se kinders ervaar, nie net vir 'n Sondagoggend, of 'n week of 'n maand hou nie. Dit is ewigdurend en dit beteken dat dit deur die jare sal aanhou, deur moeilike tye, selfs tot aan die einde toe. God het deur die eeue heen afgekyk en gesê: “Ek gaan ’n volk hê wat vreugde sal verkry en dit sal besit. Hulle sal dit vashou en dit sal hulle s'n wees.”

Ten slotte, dit beteken nie dat al ons lyding sal ophou nie. Dit beteken ons vertroue in die Here sal ons bo alle pyn en beproewing plaas. As ons dit omhels, sal niks ons van ons vreugde en blydskap in Christus kan beroof nie.