Ons met Ons Nuwe Self Beklee

David Wilkerson (1931-2011)

God het met 'n eed gesweer om ons 'n nuwe hart te gee, een wat daarop ingestel is om te gehoorsaam. God belowe ons om nie net vir ons hierdie nuwe hart te gee nie, maar om sy gebooie op ons harte te skryf. Met ander woorde, Hy belowe om ons Hom te laat ken.

God het in die Ou Testament vir sy kinders vertel van hierdie ongelooflike daad wat Hy sou doen. Hy het gesê: “En Ek sal hulle ‘n hart gee om My te ken, dat Ek die HERE is; en hulle sal vir My ‘n volk wees, en Ek sal vir hulle ‘n God wees, want hulle sal na My terugkeer met hul hele hart” (Jeremia 24:7, AFR53) en “Ek sal julle 'n nuwe hart gee en 'n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle ’n hart van vlees gee” (Eségiël 36:26).

Die Heilige Gees is die een wat hierdie werk in ons volbring. Hy leer ons van die Vader se natuur en maniere en in die proses verander Hy ons na Christus se goddelike beeld. Ons Here belowe: “Maak nie saak wat Ek van jou eis nie, Ek sal jou voorsien van al die krag wat jy nodig het om dit te bereik. Ek sal niks van jou vra waarvoor ek nie voorsiening gemaak het nie.”

Vandag bly dieselfde krag wat Jesus uit die dood opgewek het nou in ons. God se eie Gees is lewend in ons en verskaf krag oor die vyand. Soos Paulus gesê het: “Lieg nie vir mekaar nie, omdat julle die oue mens met sy werk afgelê het en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper” (Kolossense 3:9-10). Wanneer die duiwel in jou siel kom aanval en jou verlei met 'n ou begeerte, roep die Heilige Gees aan. Luister na elke fluistering van Hom en gehoorsaam al sy opdragte. As jy bereid is om te doen wat Hy jou ook al bemagtig om te doen, sal Hy nie sy woord van jou weerhou nie.

Jy kan in een enkele sprong uit die ou lewe en na die nuwe beweeg. Dit gebeur wanneer jy besef hoe onmoontlik dit vir jou is om sonde te oorwin met jou eie menslike pogings. Ons getroue God het gesweer om die Heilige Gees te gee aan alle gelowiges wat vra en Hy sal in julle volbring wat die Here met eed belowe het. Laastens, gee jouself heeltemal oor aan God en sy beloftes. Hy sal jou vernuwe en verander na sy beeld.