Een van God se Grootste Wonderwerke

Carter Conlon

Jesus het vir die godsdienstige leiers van sy tyd gesê: “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die eerste en groot gebod. En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete” (Matthéüs 22:37-40, AFR53). 

Ek onthou duidelik dat ek eenkeer hardop in die supermark gesê het: “Ek haat mense”! Mense was wat veroorsaak het dat ek onseker gevoel het en uit klaskamers gehardloop het as hulle hul aandag op my gevestig het. Ek het geglo dat mense onrealistiese eise vir my gestel het. Dit is waarom ek gevlug het na my pa en ma se  chalet langs ‘n meer in die Kanadese wildernis om heeltemal alleen te wees en volkome vrede te hê. Ek wou niemand om my hê en het niemand nodig gehad nie. Hoe ek dit gesien het, was dat mense die probleem was. Mense was vir my ‘n bron van lyding. 

Dit is waarom dit so wonderlik is dat God my 180 grade laat omdraai het. Nou is mense vir my ‘n groot blydskap en voel ek slegs lyding as dit by mense kom wat dit dalk nie in die hemel sal maak nie. Vir my is die hele reis die moeite werd gemaak hierdeur, en dit is nie ‘n vreemde ding nie. Ek het nooit geleer om liefde op ‘n oortuigende manier na te maak nie. Elke oggend bid ek saam met ses of sewe ouens van die kerk en elke keer as ons afsluit, sê ek: “Ek het julle lief”. En ek bedoel dit. 

Om ander lief te hê, is nie moontlik in die menslike sin nie. Die Here leer my dat dit alles gaan oor om lief te wees vir wat Hy in my en in ander lewens doen. Dit gaan daaroor om myself in ander in die lig van Jesus Christus te sien. Wanneer ons na mense begin kyk op hierdie manier, kry ons ‘n nuwe perspektief. 

Ek sien die getuienis van Christus op baie maniere in my leeftyd. Ek het wonderwerke gesien, veral oorsee. Ek het duisende mense na Christus sien kom op een oomblik. Ek het volksmoord sien stop. Ek het groot dade uit God se almagtige hand gesien. 

“Maar wat is die grootste wonderwerk van dit alles?” sal jy dalk vra. 

“Dat ek mense liefhet”, sou ek verplig wees om te antwoord.

Die feit dat ek nou werklik liefde kan uitgee, is ‘n oop deur waardeur ek kan loop en waarvoor ek ewig dankbaar is.