Nie Net die Kwaad Laat Staan Nie

Gary Wilkerson

As ons nie waaksaam is nie, kan ons leer om saam te leef met dinge wat nie goed vir ons is nie. Dit kan selfs 'n patroon van sonde wees waarmee ons al 10 of 15 jaar saamgeleef het. 

Ons sê vir onsself: "Dit is net hoe dit is". Ons kan moontlik vasgevang wees in 'n gebrek aan ywerige honger na God se Woord, 'n gebrek aan passie vir die dinge van God, 'n dood in ons harte. Ons kan van daardie dinge af wegstap.

Om weg te stap is baie goed. Dit neem dinge in ons harte weg wat nie daar hoort nie. As ons egter daar stop, laat dit 'n leegheid in daardie ruimtes. Jesus het 'n gelykenis hieroor vertel en gesê: "En wanneer die onreine gees uit die mens uitgegaan het...Dan sê hy: Ek sal teruggaan na my huis waar ek uitgegaan het. En hy kom en vind dit leeg, uitgeveeg en versier. Dan gaan hy en neem sewe ander geeste slegter as hy self met hom saam, en hulle kom en woon daar; en die laaste van daardie mens word erger as die eerste” (Matthéüs 12:43-45, AFR53).

Dit is nie genoeg om weg te stap van dooie dinge in ons lewens nie. Wanneer ons ‘n ommekeer maak, wil God hê dat ons van die bose moet wegstap, maar Hy wil ook hê dat ons onsself tot Hom moet wend. Die Heilige Gees gaan nie net daaroor om slegte dinge van ons weg te neem en ons dan leeg te laat nie. Hy wil hê ons moet wegstap van afgode, maar Hy wil ook hê dat ons onsself tot iets beters moet wend.

As ons bereid is om te stop en te luister, kan ons God hoor sê: “Ek wil iets in jou verander. Dit sal jou siel bekeer van louheid wat kom van die wegdwaal van jou eerste liefde. Dit sal vars vuur en asem in jou gees sit”.

Ons kan reageer: “God, doen 'n werk in my hart. Herleef en maak my siel in my wakker. Moenie dat ek aanhou om in dieselfde patrone van sonde vas te sit, deur die lewe te dryf, u gawes en planne vir my te mis nie”. Hy sal 'n nuwe honger en passie in ons hart laat roer sodat ons nie sy teenwoordigheid in ons huwelik, ons gesin, ons werk mis nie. Dit is hoe 'n beweging van God begin. Hy sal ons kerke en gemeenskappe transformeer, maar Hy begin eerstens met die draai van individuele harte.