Steek Aan Die Kers van Gebed

Mark Renfroe

Amy en ek het onlangs teruggekeer na ‘n week in Manhattan. New York is ‘n groot stand in baie opsigte, maar in ander herinner dit my aan antieke Ninevé. Dit is die middelpunt van beide die Verenigde State en globale kultuur. Waarna jy ook al soek, kan jy waarskynlik in daardie stad kry. Daar is talle uitdrukkings van godsdiens, maar min lig. Baie historiese verteenwoordigers van die Christelike geloof het waarheid opgeoffer op die altaar van kulturele tegemoetkoming.

Ek bedoel nie om te insinueer dat daar nie baie godvresende pastore en kerke in die stad is nie. Daar is defnitief. Hierdie pastore, soos Elia op sy dag, dien die Here getrou in ‘n baie uitdagende omgewing. Trouens, duisende onkompromitterendes dien daar selfs al is dit ‘n baie moeilike plek om te leef en te bedien.

Ek sê ook nie dat New York is uniek is nie. Dieselfde kan gesê word vir groot en klein dorpe in die Bybelbelt en verder. Dit is net meer sigbaar op ‘n plek soos New York. Dit is meerendeels bloot ‘n gekonsentreerde manifestasie van die gebrokenheid van ons breër samelewing.

Die dilemma is hoe getroue Christus-volgelinge behoort te reageer wanneer hulle hulleself in plekke soos hierdie bevind. As ‘n langtermyn sendeling na die Moslem wêreld, het ek geleer dat my reaksie nooit uit wanhoop moet wees nie. Wat ons sien, is slegs deel van die werklikheid. God is altyd aan die werk, selfs in die mees goddelose omgewing. Daarom moet ons waarnemings ons na ons knieë dryf terwyl ons uitroep: “O God, bring meer evangeliese hoop na hierdie stad!”

Ons roep nie vloeke neer soos Jona nie. Ons sal dalk God hoor sê soos vir Jona: “Maar Ek mag Ninevé, die groot stad, nie spaar nie waarin meer as agt miljoen mense is?” (sien Jona 4:11). In plaas daarvan, met die hart van God as ons Leidsman, bid ons en vra ander om net so te doen.

In die natuurlike, mag dit hopeloos lyk; maar by God is alle dinge moontlik. Ons sal altyd meer en beter vrug dra as ons benadering is om evangeliese kerse op te steek in plaas daarvan om bloot die duisternis te vervloek.