Laat die Vrede van God Heers

David Wilkerson (1931-2011)

“En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar” (Kolossense 3:15, AFR53).

Hierdie vers bevat 'n fenomenale opdrag. God roep die liggaam van Christus om sy vrede in ons harte, verstand en liggame te laat heers. Die vrede van God moet die arbiter en regeerder van ons lewens wees. As daar ooit 'n tyd was wat hierdie oproep gedoen moes word, is dit vandag in hierdie uur van onrus en verwarring. 

Waarom het die Here die vroeë kerk beveel om sy vrede in hulle lewens te laat heers? Omdat Hy geweet het wat kom en Hy wou hulle voorberei. Oor net 'n paar jaar sou ontsaglike onrus oor hulle kom. Hulle sou gemartel en vervolg word; hulle sou moeilike tye beleef, verlies van huise, konfiskering van hul besittings, selfs aanvalle van goddelose mense wat gedink het hulle bewys God 'n guns deur hulle dood te maak. God het hulle gewaarsku: "Julle moet gegrond wees in my vrede, want dit alleen sal julle deur die ontsaglike veranderinge wat voorlê, dra." 

“En wat julle geleer en ontvang en gehoor en in my gesien het, doen dit, en die God van vrede sal met julle wees” (Filippense 4:9)

Vandag is daar 'n valse vrede in baie kerke; dit is die vrede van sonde-verblinde Christene. Moses het sulke gelowiges "self-geseënd" genoem, wat selfbedrog beteken. Hy het Israel gewaarsku dat 'n vloek oor alle goddelose, ongehoorsame kinders van God sou kom. Hy het in wese gesê dat hulle hul sondige weë met 'n valse gevoel van vrede sal toesmeer. “En as hy die woorde van hierdie eedswering hoor, homself dan in sy hart gelukkig prys deur te sê: Dit sal met my goed gaan alhoewel ek in die verhardheid van my hart wandel—om so die bewarende saam met die dorstige weg te ruk” (Deuteronómium 29:19).

Moses beskryf die kind van God wat 'n gemaklike leerstelling vind wat vir hom sê dat hy reg is, steeds gered en op pad is hemel toe terwyl hy met sy sonde voortgaan. Hy sê vir homself: "Ek sal maak soos ek wil en steeds nie die vrede in my hart verloor nie." 

Maak nie saak wat met die nasies van die wêreld gebeur nie, geen mag in die hel kan jou beroof van die vrede van God wat Jesus Christus in jou siel inplant nie. God sal sy volk deur vrede laat regeer. “Laat die vrede van God...in julle harte heers” (Kolossense 3:15).