In Krag Toeneem

David Wilkerson (1931-2011)

Ons hoor gereeld dat genade gedefinieer word as die onverdiende guns en seën van God, maar ek glo dat genade veel meer is as dit. Na my mening, is genade alles wat Christus vir ons is in ons tye van lyding – krag, barmhartigheid en liefde – om ons deur ons lyding te dra.

As ek terugkyk oor die jare van groot beproewings, versoeking en verdrukking, kan ek getuig dat God se genade genoeg was. Ek weet wat dit is om God te bevraagteken, want my vrou het keer op keer aan kanker gely, en toe is albei ons dogters ook nog getref. Vandag is hulle almal gesond en sterk, en daarvoor dank ek die Here. Ek weet ook wat dit is om deur 'n boodskapper van Satan gekasty te word. Ek was ernstig versoek en uitgelok en vyande het van alle kante af teen my opgestaan. Ek is belaster deur gerugte, vals beskuldig en deur vriende verwerp. In daardie donker tye, het ek op my knieë neergeval en tot God geroep.

Ek kan nog steeds vra hoekom, maar dit bly alles 'n raaisel. Sy genade het my altyd deurgedra, en dit is genoeg vir vandag. Ek is bereid om dit te aanvaar totdat Jesus my kom haal. Ek sien geen einde aan my beproewinge en ellende nie. Steeds het ek dit nou al vir meer as vyftig jaar van bediening.

Deur dit alles heen, kry ek egter 'n steeds toenemende mate van Christus se krag. Trouens, my groot openbarings van sy heerlikheid het gekom tydens my moeilikste tye. Net so, sal Jesus in jou swaarste oomblikke die volle maat van sy krag in jou vrystel. Die Skrif sê vir ons: “Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word” (Hebreërs 4:16, AFR53).

Ons sal moontlik nooit ons pyn, depressie en ongemak in hierdie lewe verstaan nie. Ons weet miskien nie waarom ons gebede vir genesing nie hier en nou verhoor word nie, maar ons hoef nie te weet hoekom op aarde nie.

Eendag in die hemel, sal my Vader aan my die pragtige plan openbaar wat Hy al die tyd gehad het. Hy sal my wys hoe ek geduld verkry het deur al my beproewings, hoe ek deernis vir ander geleer het, hoe sy krag in my swakheid volbring is, hoe ek geleer het van sy volmaakte getrouheid teenoor my en hoe hierdie gebeure my meer soos het Jesus gemaak het.