Jou Inspan om ‘n Ootreding te Bedek

Tim Dilena

Een van die verhale wat my altyd laat lag, gaan oor 'n man wat na 20 jaar van 'n woestyn-eiland gered is. Toe hy op die dek van die reddingsvaartuig staan, sê die kaptein vir hom: “Ek dag dat jy 20 jaar alleen daar gestrand was.”

Hy het geantwoord: “Ek was.”

Die kaptein het gevra: “Waarom is daar dan drie hutte op die strand?”

"Wel, die een was waar ek gewoon het. Die ander een is waar ek kerk toe gegaan het. Die derde een is waar ek voorheen kerk toe gegaan het."

Vandag is daar mense wat soveel innerlike onrus het dat hulle aanstoot neem oor alles, so wat doen ons? Wel, jy het twee Bybelse keuses as jy seergemaak is. Of jy bedek die oortreding, of jy konfronteer dit.

Dit is baie Bybels om 'n oortreding te bedek, maar soms het mense die verkeerde idee daaroor. Wat ons geneig is om te dink, is: "Ek kan jou net vergewe as jy weet dat jy iets verkeerd gedoen het. Ek kan jou net vergewe as jy berou het.” Dit is verkeerd. Jesus het die mense wat Hom gekruisig het, vergewe terwyl hulle Hom bespot het. Niemand daar het gesê: “Vergewe my” behalwe die dief nie. Dit is belangrik, mense, so hoe doen ons dit?

Petrus het die volgende gesê. "Maar bo dit alles moet julle mekaar vurig liefhê, want die liefde sal ‘n menigte sondes bedek" (1 Petrus 4:8 AFR53). Weet jy wat “vurig” beteken? Dit was ‘n woord wat gebruik was vir hardloper wat strek. Toe God gesê het: "Ek wil hê dat julle vurig moet wees," het Hy bedoel: "Ek gaan jou 'n bietjie strek. Ek gaan dit 'n bietjie moeiliker maak as om net te sê: ‘Ek vergewe jou.’”

Daar is 'n paar oortredings wat ek dink God wil hê jy moet absorbeer om genadig te wees. Hoekom? Omdat Jesus in Matthéüs 5:7 gesê het: "Salig is die barmhartiges, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word" (AFR53). Jy hoef nie elke keer alles aan te spreek nie. Dit is 'n teken van volwassenheid om dinge soms te los.

As God ons vergewe, moet ons ander vergewe. Ons baseer ons vergifnis op wat God vir ons gedoen het, nie wat die ander persoon aan ons gedoen het nie. Die Bybel sê, omdat ons baie vergewe is, kan ons baie liefhê (sien Lukas 7:47) en dat die liefde 'n menigte sondes bedek wanneer ons vurig teenoor die broeders is. As ons vergifnis nie verstaan nie, beteken dit dat ons nie vergewe is nie, of dat jy nie die vergifnis verstaan wat God aan ons geskenk het nie. Daarom is dit so belangrik.

Nadat hy ‘n middestad gemeente in Detroit vir dertig jaar lank bedien het, het Pastoor Tim vir vyf jaar by Brooklyn Tabernacle in New York Stad en vir vyf jaar in Lafayette, Louisiana bedien. Hy het Senior Pastoor van Times Square Kerk geword in Mei 2020.