Jesus se Voorskrif vir Geluk

Tim Dilena

Volgens ‘n gesamentlik studie deur die Wêreld Gesondheids Organisasie en Harvard Mediese Skool en gebaseer op meer as 60,000 van aangesig tot aangesig onderhoude wêreldwyd, het die rykste land – die Verenigde State – die hartseerste mense en word beskou as een van die ongelukkigste plekke op aarde.

Die gelukkigste mense op die planeet? Nigeriërs, en hulle het een van die laagste lewenstandaarde. Ek glo nie Nigeriërs is die gelukkigste nie. Gelowiges is.

In Matthéüs 5, gee Jesus vir ons ‘n beskrywing van hoe om gelukkig te wees. “Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele. Salig is die wat treur, want hule sal vertroos word. Salig is die sagmoediges, want hulle sal die aarde beërwe. Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid, want hulle sal versadig word. Salig is die barmhartiges, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word. Salig is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien. Salig is die vredemakers, want hulle sal kinders van van God genoem word. Salig is die wat vervolg word ter wille van die geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele” (Matthéüs 5:3-10, AFR53).

Die volgende is nie wat Jesus sê in die Bergpredikasie nie: Leef so en jy sal ‘n Christen word. Dit is onmoontlik. Wat Hy sê, is die volgende: Omdat jy ‘n Christen is, kan jy so lewe en geluk beleef.

Geluk is in karakter en nie in besittings nie. Elkeen van hierdie Saligspreking, is iets innerlik, nie uiterlik nie; iets wat jy is, nie iets wat jy besit nie.

God sal jou nooit vra om iets te wees wat nie moontlik is nie. God maak nooit sy Woord, sy beloftes of sy uitdagings onbereikbaar nie. God lei ons nooit in doodloopstrate in nie, maar Hy laat altyd ‘n gaping vir afhanklikheid. Jy kan die Saligsprekinge nie sonder God beoefen nie. Dit beteken jy kan nie gelukkig wees sonder God nie.

Hierdie saligspreking is nie vir ons natuurlik nie. Ons het God nodig om dit in ons te plaas en ons te lei. Ons kyk na God om ons te help en Hy sal. Wil jy gelukkig wees? Jesus het vir ons die weg gewys. Dit mag ‘n bietjie moeite kos om daar te kom, maar dit is haalbaar met Jesus langs ons wat ons help. Die toegewydes is gewillig om uit hulle godsdienstige denkwyse te breek en Koninkryksdenke te omhels. Dit bring ware bekering en uiteindelike geluk.