Hy Roep Ons om te Stry

David Wilkerson (1931-2011)

Ons moet gereed wees vir wat kom. Ons moet gereed wees om ons dae in geestelike oorlogvoering deur te bring met die wete dat ‘n vloedstroom van ongeregtigheid gemik is teen die kinders van God. “En Henog, die sewende van Adam af, het ook teen hulle geprofeteer en gesê: Kyk, die Here het gekom met sy heilige tienduisendtalle” (Judas 1:14, AFR53). Die Skrif sê dat ons konings en priesters is vir die Here, en ons verteenwoordig hierdie tienduisendtalle wat uitgaan om teen Satan se leër te stry. Satan veg teen ons omdat hy ons kwaai haat (sien Openbaring 12:17).

As ons vasbeslote is om Christus ons eie te maak, moet ons besef dat ons onaantasbaar is in Christus. Daar staan geskryf: “Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is” (1 Johannes 4:4). God sê ons word oorwinning oor al die mag van die vyand gewaarborg; ons het die hele leërskare van die hemel wat vir ons stry.

Mag God ons meer Heilige Gees strydlus gee sodat ons almal vir die wêreld en al die hordes van die hel kan skree: “Wie sal ons skei van die liefde van Christus — verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard? ... Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het. Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie” (Romeine 8:35,37-39).

Dit is die strydkreet van diegene wat smag na Jesus.

Elke man of vrou van God gaan die teiken van die hel se bose instrumente word wanneer ‘n ooreenkoms gemaak is om ‘n lewende offer vir Christus te word. Die hordes van die hel sal vrygestel word teen die een wat sy hart daarop rig om in heiligheid van geloof te lewe.

Satan sal verdruk en struikelblokke opstel omdat jy ‘n regte bedreiging geword het vir sy program van misleiding. Jy kan die oorlog staak, opgee, ophou en ‘n saai, vrugtelose swerwer word.

Ek kies egter om die duiwel se planne te weerstaan, in geloof op te staan en voort te gaan met die stryd. Satan kan niemand wat op die Here vertrou onderkry nie.