Hoor en Ken Sy Stem

David Wilkerson (1931-2011)

Petrus waarsku gelowiges in die laaste dae dat Satan na hulle sal kom met ‘n harde stem om vrees in te boesem. “Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu en soek wie hy kan verslind” (1 Petrus 5:8, AFR53).

Dit is my punt: As Satan sy stem bekend maak in hierdie laaste dae en sy krag vertoon aan ‘n wêreld vol verlore mense, hoeveel te meer is dit nie vir God se kinders belangrik om hulle hemelse Vader se stem te ken nie? Dink jy die Here sou sit en toekyk en stilbly as Satan vir die wêreld brul? Nooit! Jesaja het gesê: “En die HERE sal sy stem vol majesteit laat hoor” (Jesaja 30:30).

Sedert die tyd van Adam en Eva, praat God met die mens. “En hulle het die stem van die HERE gehoor” (Génesis 3:8). Adam het gesê: “Ek het u geruis gehoor in die tuin” (Génesis 3:10).

Van Génesis regdeur tot die einde van die Nuwe Testament, het God sy stem bekend gemaak aan sy kinders. In die boeke van die profete, sien ons herhaaldelik die frase: “En God het gesê . . .”. Deur profete soos Jesaja en Jeremia en Joël, was God se stem bekend en verstaan.

Jesus het die in die Nuwe Testament bevestig deur die voorbeeld van die goeie herder te gebruik. “Vir hom maak die deurwagter oop, en die skape luister na sy stem; en hy roep sy eie skape by hulle naam en lei hulle uit. En wanneer hy sy eie skape uitgebring het, loop hy voor hulle uit; en die skape volg hom, omdat hulle sy stem ken” (Johannes 10:3-4).

Adam het vir God se stem weggekruip weens die skuld en skaamte van sy sonde. Dit is presies waarom baie van God se kinders vandag wegkruip en te bang is om God te hoor praat! As jy God se stem wil hoor, moet jy gereed wees dat jou siel gewas en gereinig word. “As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig” (1 Johannes 1:9).