Hoop wat deur Duisternis Skyn

Keith Holloway

Dierbare gelowiges, ek wil vir jou vandag vertel dat jy iets het wat die sondaar nie het nie, iets ontsaglik kosbaar en kragtig, iets wat jy moet weet. As ‘n kind van God, is en het jy fenomenale seëninge!

Baie van julle dink dalk nou dat ek gek geraak het omdat jy so baie probleme en beproewings en duisternis beleef. Ongelukkig, is party daarvan die realiteit van die lewe, maar daar is iets wat net so waar is, trouens, dit is ‘n ongeëwenaarde waarheid vir ons. Aan elke mens wie se lewe verborge is met God in Christus, is daar ‘n omgordende krag en gesag van God gegee. Dit is ‘n seën!

Die Skrif leer ons om dit wat God ons belowe het, uit te spreek. Daar is geen ekstremisme in daardie stelling nie. Onthou: “Dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet” (Spreuke 18:20, AFR53). Dit is deel van ons goddelike erfenis, verseker deur Jesus Christus. Petrus het aan die kerk geskryf: “Geseënd is die God en Vader van ons Here Jesus Christus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot ‘n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uti die dode, sodat ons ‘n onverganklike en onbesmette en onverwerplike erfenis kan verkry, wat in die hemele bewaar is vir ons wat in die krag van God bewaar word deur die geloof tot die saligheid wat gereed is om geopenbaar te word in die laaste tyd” (1 Petrus 1:3-5, AFR53).

Petrus wou hê die kerk moes weet dat selfs tydens hulle probleme en beproewings, is die donkerste uur net voor die son opkom. Hy wou hê hulle moes weet dat hulle gebore is tot ‘n lewende hoop. Hoop is ‘n verwagting dat God na ons toe kom, maak nie saak hoe diep die duisternis is nie. Spreek in geloof die hoopgevulde beloftes van God uit wat ons sal deurdra.

Ons het ‘n lewende hoop. Ons is wedergebore daarin deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Die Bybel sê: “Om hierdie rede buig en my knieë voor die Vader van onse Here Jesus Christus, van wie elke geslag in die hemele en op die aarde sy naam ontvang. Dat Hy aan julle mag gee na die rykdom van sy heerlikheid om met krag versterk te word deur sy Gees in die innerlike mens” (Efésiërs 3:14-16).

Jy behoort te jubel en te juig in die feit dat jy wedergebore is en dat Jesus Christus jou oorvloedige genade geskenk en jou besiel met die krag van God wat Christus uit die dood opgewek het.

Hy woon in jou. Hy woon in jou.