Hoop vir die Gebrokenes

Gary Wilkerson

Sommige van julle kom moontlik uit gebroke gesinne en julle wil dalk vra: “Is daar hoop vir my?” Nie lank gelede nie, het ek het iemand ontmoet wie se ouers, sowel as hulle grootouers, geskei was. Hulle het gevra: “Sal ons huwelik dit maak?”

Ek wil vandag vir jou sê dat jy, ongeag die soort gesin waaruit jy kom, ongeag die persoonlike geskiedenis wat jy het, die voorloper kan wees van 'n hele nuwe generasie mense wat sal opstaan en God dien.

Ek en Kelly is baie goeie vriende met 'n lieflike gesin. Die vrou het eenkeer haar getuienis begin gee en ons was verstom.

Toe sy 'n klein dogtertjie was, het haar ma ernstige geestelike probleme gehad wat woede en paranoia ingesluit het. As gevolg van hierdie toestand, sou bisarre dinge haar ma kwaad maak; sy sou ontplof teenoor hierdie dogtertjie wat net vier of vyf jaar oud was. Die ma sou haar in die kas toemaak en haar die hele dag in die donker laat lê. Boonop, sou haar pa baie aande dronk by die huis aankom en daar was fisieke mishandeling in die situasie.

Sy het in hierdie soort omgewing grootgeword totdat sy Jesus as 15-jarige ontmoet het. Sy was nie toegelaat om kerk toe te gaan nie, maar sy het in elk geval gegaan, prys die Here! Sy het in Christus begin groei en is genees van die jare van trauma. Toe ontmoet sy 'n wonderlike man. Hulle is getroud en het kinders begin kry en ons sou nooit haar geskiedenis kon raai nie, want sy het emosioneel en geestelik net so gesond gelyk.

As jy in 'n moeilike gesinsituasie beland, moenie wanhopig raak nie. Toe Paulus oor ons toekomstige hoop in Christus gepraat het, het hy gesê: “Nie dat ek dit al verkry het of al volmaak is nie, maar ek jaag daarna of ek dit ook kan gryp, omdat ek ook deur Christus Jesus gegryp is. Broeders, ek reken nie dat ek dit self gegryp het nie. Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus” (Filippense 3:12-14, AFR53).

Moenie oorwin word nie. Besef dat die krag van die Heilige Gees in jou woon en dat Hy jou die gesag sal gee om op te staan en vernuwe te word.