Hoe Naby Kan jy Kom?

Gary Wilkerson

Een van die eerste briewe aan die kerk was van die apostels aan die nuwe heidense gelowiges, en daarin het die outeurs gesê. “Want die Heilige Gees en ons het besluit om verder geen las op julle te lê nie as hierdie noodsaaklike dinge: dat julle jul onthou van afgodsoffers en van bloed en van wat verwurg is en van hoerery” (Handelinge 15:28-29, AFR53).

Eerder as om nuwe gelowiges met eindelose reëls soos wat die Jode gehad het te belas, het Paulus bloot beveel: “Weet julle nie dat die wat op die baan hardloop, wel almal hardloop, maar dat een die prys ontvang nie? Hardloop só dat julle dit sekerlik kan behaal. En elkeen wat aan ‘n wedstryd deelneem, onthou hom in alles — húlle nogal om ‘n verwelklike krans te ontvang, maar ons ‘n onverwelklike. Ek hardloop dan soos een wat nie onseker is nie; ek slaan met die vuis soos een wat nie in die lug slaan nie. Maar ek kasty my liggaam en maak dit diensbaar, dat ek nie miskien, terwyl  ek vir ander gespreek het, self verwerplik sou wees nie” (1 Korinthiërs 9:24-27).

Dit was die Heilige Gees se inspirasie wat deur hulle gespreek en gesê het: “Kom nou, kerk. Of daar nou ‘n spesifieke wet daarvoor is of nie, moenie dinge doen as jy nie seker is of dit die Bybel in gedrang bring nie.”

Toe ek ‘n jeugpastoor was, het die kinders altyd gekom en vir my vrae gevra soos “Hoe ver kan ek aan die dinge van die wêreld meedoen en steeds ‘n Christen wees? Soos, okei, ek weet ek kan nie seks hê nie, maar kan ek die volgende doen?” Vir volwassenes, is dit dikwels vrae soos “Ek weet ek mag nie dronk word nie, maar tel drie biere as dronkenskap? Wat van twee biere? Hoe naby kan ek aan die wêreld kom?”

Dit is die teenoorgestelde waarvoor die Heilige Gees sy kerk roep! Ons behoort te sê: “Hoe naby kan ek aan Jesus kom? Wat kan ek laat vaar om nader te kom? Is daar enige vorige assosiasie in my lewe wat ‘n gevoel van liefde vir die ou manier van lewe gee, hoe ver kan ek daarvandaan af wegkom?

In die kerk, behoort ons die Woord van die Here te hoor en vir onsself te sê: “Ek wil waaksaam in my hart wees. Ek wil rein in my gewete wees. Ek wil die Woord van die Here gehoorsaam. Ek sal alles doen om die prys vir hierdie resies wat ek hardloop te wen.”