Hoe Groot Is Jou Jesus?

David Wilkerson (1931-2011)

Johannes 14 bevat twee wonderlike beloftes. Eerstens sê Jesus: “Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo – die werke wat Ek doen, sal Hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan. En wat julle ook al in my Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word. As julle iets in my Naam vra, sal Ek dit doen” (Johannes 14:12–14, AFR53). Jesus maak dit duidelik en eenvoudig in die laaste vers: "Vra enigiets in my Naam, en Ek sal dit vir jou doen."

Twee verse later belowe Jesus: “En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle 'n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid: die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly in julle sal wees” (Johannes 14:16–17). Hier sê Christus in wese: "Ek gaan julle die Gees van die Waarheid gee en sy krag sal in julle bly."

Dit is twee fenomenale beloftes van Jesus. Let egter op na die een vers wat tussen hulle is: "As julle My liefhet, bewaar my gebooie" (Johannes 14:15). Waarom verskyn hierdie stelling hier?

Christus sê in wese vir ons: "Daar is 'n saak van gehoorsaamheid wat verbind is aan hierdie beloftes." Kortom, beide beloftes het te doen met die onderhouding en gehoorsaamheid aan God se Woord. Dit is gegee om vervul te word, sodat niks ons sou verhinder om aanspraak te maak op die krag wat Christus is nie.

Ek is daarvan oortuig dat dit vir Hom 'n skande is om min of niks in Jesus se Naam te vra. Jaar na jaar, is baie Christene met minder en minder tevrede. Uiteindelik het hulle geen ander verwagtinge as om eendag hemel toe te gaan nie.

Het jy aan die einde gekom van jou verwagtinge vir Christus? Verwag jy niks anders as om deur sy krag en genade gered te word nie? Eindig “jou Christus” net daar waar jy genoeg krag kry om deur nog 'n dag te kom? Eindig Hy vir jou op 'n plek van af en toe vrede en vreugde in 'n lewe wat meestal onder Satan se teistering geleef word? Al hierdie gedeeltes in God se Woord oortuig my dat “my Jesus” nie groter is as my versoeke nie. Ongelukkig, laat baie gelowiges deur hul ongeloof Christus onbeduidend en magteloos lyk.

Geliefdes, ek wil nie hê dat Christus in my hart beperk moet word nie. In plaas daarvan, wil ek hê dat elke duiwel in die hel moet weet hoe groot my God is deur hoe groot my versoeke is. Ek wil meer uit Christus hê. Ek wil hê Hy moet groter as ooit in my lewe wees.