God se Heerlikheid aan Ons Geopenbaar

David Wilkerson (1931-2011)

In Exodus 33, het Moses dit nie geweet nie, maar God was op die punt om vir hom 'n groter openbaring van sy heerlikheid en natuur te gee. Hierdie openbaring sou veel verder gaan as vriendskap, veel verder as intimiteit. Dit is 'n openbaring wat God wil hê al sy kinders wat ly moet weet.

Die Here het vir Moses gesê dat Hy aan hom sy heerlikheid gaan wys. “Ek sal al my majesteit by jou laat verbygaan en voor jou die Naam van die HERE uitroep... Verder het Hy gesê: Jy kan my aangesig nie sien nie, want geen mens kan My sien bly lewe nie... En as my heerlikheid verbygaan, sal Ek jou in die skeur van die rots stel en jou met my hand oordek totdat Ek verbygegaan het” (Exodus 33:19-22, AFR53).

Die Hebreeuse woord vir heerlikheid in hierdie gedeelte beteken “my eie ek”. God het in wese vir Moses gesê: "Ek self sal naby jou verbygaan." Een vertaling stel dit so: "Ek sal jou wegsteek in 'n holte van die rots, en Ek sal jou verdedig met die beskerming van my krag totdat Ek verby is."

Wat was die groot openbaring wat God aan Moses oor Homself gegee het? Wat is die waarheid oor Hom wat ons in ons harte moet heilig? Dit is dit: “En toe die HERE by hom verbygaan, het Hy geroep: HERE, HERE, barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheie en trou; wat die goedertierenheid bewaar vir duisende, wat ongeregtigheid en oortreding en sonde vergewe, maar nooit ongestraf laat bly nie” (Exodus 34:6-7).

Hier was die groter openbaring, die volle prentjie van wie God is. Die Here het vir Moses gesê: “Kom in die môre op na hierdie rots. Ek sal jou 'n hoop gee wat jou sal dra. Ek sal jou my hart wys soos jy dit nog nooit vantevore gesien het nie.”

Christus is die volle uitdrukking van daardie heerlikheid. Trouens, alles wat in die Vader is, is beliggaam in die Seun, en Jesus is na die aarde gestuur om daardie heerlikheid vir ons almal te gee.