God Wil Met Jou Praat

David Wilkerson (1931-2011)

God begeer om met jou te praat asof jy saam met Hom aansit vir aandete. Hy wil met wedersydse openhartigheid met jou in gesprek tree oor enige en alle sake. Die Bybel sê: “Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My” (Openbaring 3:20, AFR53).

Hierdie vers word dikwels gebruik wanneer daar met die ongereddes gepraat word. Ons praat van Jesus wat by die voor van die sondaar se hart staan en toegang soek. Maar nee! Die konteks toon dat Christus met die gelowige praat, diegene wat geklee is in wit klere (geregtigheid), wat goud gekoop het wat met vuur gelouter is, wie se oë gesalf (geopen is), wie liefgehad, bestraf en verneder is (sien Openbaring 3:15-19). Dit is bekeerde, gelowige mense wat die stem van God wil ken.

Terwyl ek vers 20 in hierdie gedeelte lees, het drie woorde tot my gespreek: “Die deur oopmaak. Die deur oopmaak!" Die Gees van God het duidelik in my hart gepraat: "David, die rede waarom jy My nie hoor soos Ek gehoor wil word nie, is omdat jou gees nie heeltemal oop is om te hoor nie."

Soos ek dit sien, verteenwoordig hierdie deur 'n verbintenis, een wat baie Christene nog nie ten volle gemaak het nie. Die meeste gelowiges bid: “Here, al wat ek nodig het is 'n bietjie raad, 'n paar woorde se leiding, 'n vinnige herinnering dat U my liefhet. Laat weet my net of ek reg of verkeerd doen. Gaan asseblief voor my uit en maak die deure oop.”

Jesus antwoord ons egter: “As al wat julle van My wil hê, leiding is, kan Ek vir julle 'n profeet of 'n prediker stuur. Die probleem is dat julle My mis.”

Jesus wil jou nabyheid, jou diepste emosies, jou afgesonderde binnekamer hê. Hy wil saam met jou gaan sit, alles wat in sy hart is meedeel en van aangesig tot aangesig met jou praat. Openbaring 3 is 'n wonderlike toonbeeld hiervan. Dit spreek van liefde en intimiteit, van die deel van geheime, van liefdevolle stemme.

Wanneer Jesus inkom, bring Hy kos en brood, met ander woorde, Homself. Wanneer jy op Hom voed, sal jy volkome versadig word.