God se Voorsiening en Onvoorwaardelike Liefde

David Wilkerson (1931-2011)

Die gelykenis van die verlore seun gaan oor twee seuns: een wie se hulpbronne uitgeput geraak het een wat nie sy vader se hulpbronne opgeëis het nie. Die gelykenis gaan ook oor die vader se onvoorwaardelik liefde en die lewensmiddele in sy huis.

Die jonger seun het na sy vader gegaan en gesê: “Vader, gee my die deel van die eiendom wat my toekom” (Lukas 15:12, AFR53). Die deel wat hy ontvang het en toe vermors het, verteenwoordig sy eie belange: sy talente, sy vermoëns, alles het hy gebruik om sy lewe te bestuur. Hy het gesê: “Ek is intelligent, vernuftig, het ‘n goeie agtergrond. Ek kan dit self doen.”

Die jonger seun se gesindheid beskryf baie Christene vandag. Hoe gou raak ons uit ons eie hulpbronne wanneer dinge verkeerd loop. Ons kan ons pad uit sekere probleme vind, maar die tyd kom wanneer hongersnood die siel tref.

Jy word moedeloos en nie weet watter kant toe nie. Jou vriende kan jou nie help nie. Jy voel leeg, hartseer, met niks binne-in jou oor om op staat te maak nie. Jou baklei is weg en al wat oorbly is vrees, depressie, leegheid en hopeloosheid.

Is jy nog steeds by die duiwel se varkhok waar jy rol in leegheid, dood van die honger? Dit is wat gebeur het met die verlore seun. Hy het al sy eie hulpbronne uitgeput en hy het besef wat al sy eie-afhanklikheid oor hom gebring het. Wat hom uiteindelik by ‘n draaipunt gebring het, was om te onthou van die lewensmiddele in sy vader se huis. Hy het gesê: “Ek sterf van die honger hier, maar in my vader se huis is daar oorgenoeg brood!” Hy het daar en dan besluit om terug te keer huistoe en sy vader se oorvloedige lewensmiddele toe te eien.

Niks in die gelykenis dui aan dat die verlore seun teruggekom het weens sy liefde vir sy vader nie. Dis waar, hy het berou gehad; trouens, hy het op sy knieë neergeval: “Vader, ek is jammer! Ek het teen u en teen God gesondig. Ek is nie waardig om in u huis in te kom nie”, maar hy het nooit gesê: “Vader, ek het teruggekom omdat ek U liefhet!” nie.

Wat hier openbaar word, is dat God se liefde vir ons sonder voorwaardes is; dit hang nie af van ons liefde vir Hom nie. Hy het ons liefgehad, selfs toe ons ver weg van Hom af was in ons harte. Dit is onvoorwaardelike liefde.

“En kyk wat ‘n groot liefde die Vader aan ons bewys het, dat ons kinders van God genoem kan word” (1 Johannes 3:1).