God se Feesmaal

David Wilkerson (1931-2011)

“Hy het my geneem na ‘n plek waar ons kon feesvier, hy het vir my gewys dat hy lief is vir my” (Hooglied van Salomo 2:4, ABA07). In die gelykenis van die verlore seun (sien Lukas 15:11-31), kon die vader se blydskap nie volkome wees totdat hy by sy jongste seun in die feeslokaal gesit het nie. Hy moes seker maak dat sy seun weet hy was vergewe en dat sy sonde uitgewis was.

As jy vir ‘n oomblik deur die venster gekyk het, sou jy ‘n jongman gesien het wat pas tot ‘n begrip van God se liefde gekom het. Hy het gedans! Daar was musiek, hy het gelag en was bly. Sy vader was bly oor hom en het vir hom geglimlag.

Hy was nie onder ‘n wolk van vrees nie. Hy het nie na die ou leuens van die vyand geluister nie: “Jy gaan reguit terug varkhok toe! Jy is sulke liefde nie waardig nie.” Nee, hy het sy vader se vergifnis aanvaar en het sy woord gehoorsaam om binne te kom en alles te neem wat hy nodig gehad het.

Hy het sy vader se fluistering aan hom en aan sy ouer broer gehoor: “Alles wat ek het, is joune. Dit is nie nodig om ooit weer honger te ly nie. Jy hoef nooit weer alleen, arm en afgesny van my stoorkamer te wees nie” (sien Lukas 15:31).

Dierbare vriende, dit is die volheid van God se liefde, die kern daarvan! Dit is dat selfs in ons donkerstye tye, omhels God ons, bring ons terug binne toe en sê: “Bring die beste kleed en trek hom dit aan, en gee ‘n ring vir sy hand en skoene vir sy voete. En bring die vetgemaakte kalf en slag dit, en laat ons eet en vrolik wees. Want hierdie seun van my was dood en het weer lewendig geword; en hy was verlore en is gevind” (Lukas 15:22-24).

Vandag het ons ‘n nog beter belofte en dit is om: “die liefde van Christus te ken wat die kennis oortref, sodat julle vervul kan word tot al die volheid van God. En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk” (Efésiërs 3:19-20).

Hier is God se liefdesbelofte aan ons: “Ek bied jou buitengewone, oorvloedige volheid, hulpbronne vir elke krisis en blydskap deur jou hele lewe. Jy mag na die stoorkamer gaan en dit alles opeis!”