God Is Goed en Genadig

David Wilkerson (1931-2011)

Satan probeer leuens in jou gedagtes plant in jou tyd van swakheid en swaarkry. Hy sal jou probeer oortuig dat God nie met jou is nie. As jy daardie leuen glo, sal jy nooit uit Satan se strik loskom nie.

As jy jouself stil maak voor die Here en Hom met afgesonderde gebed aanroep, sal die Heilige Gees vir jou duidelik sê dat God met jou is. Hy het jou nie verlaat nie. Hy sien jou en wag vir jou om in sy planne vir jou lewe te tree. Die Bybel sê vir ons dat toe die dissipels getwyfel het en verward was, het “Jesus...nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde. Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen” (Matthéüs 28:20, AFR53).

Jy is geliefd en is nodig. Satan is 'n leuenaar en hoop dat jy aan wanhoop sal toegee deur te glo jy is alleen in jou stryd. Nee, jy is nooit alleen nie. Die Heilige Gees tree vir jou in in jou tyd van nood. “En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat onsmoet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge. En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree” (Romeine 8:26-27).

Jy gaan as oorwinnaar uit jou beproewing kom, maar jy moet glo dat God jou geroep gehoor het. Steun net op die Here.

Dit is God se hart aan sy volk te midde van hulle beproewings terwyl hulle in ballingskap in Babel was: “Want Ek weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die Here, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ’n hoopvolle toekoms te gee. Dan sal julle My aanroep en heengaan en tot My bid, en Ek sal na julle luister. En julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart” (Jeremia 29:11-13).