Gemeenskap is Belangriker as Diens

David Wilkerson (1931-2011)

Jesus het vir sy dissipels gesê: “En Ek beskik vir julle ‘n koninkryk soos my Vader dit vir My beskik het, sodat julle kan eet en drink aan my tafel in my koninkryk en op trone sit om die twaalf stamme van Israel te oordeel” (Lukas 22:29-30, AFR53). Die Here het vir sy volgelinge ‘n tafel gedek in die hemele. Wat ‘n opwindende vooruitsig!

Toe die apostel Paulus gesê het: “Laat ons dan feesvier, nie met die suurdeeg van ondeug en boosheid nie, maar met die ongesuurde brode van reinheid en waarheid” (1 Korinthiërs 5:8). Ek glo dat hy bedoel het dat ons ‘n sitplek in die hemele saam met Christus aangewys is by sy koninklike tafel. Paulus het in wese gesê: “Daag altyd op. Moenie dat daar ooit gesê word dat jou sitplek leeg is nie.”

Dit is hartseer maar waar dat die kerk van Jesus Christus eenvoudig nie verstaan wat dit beteken om die fees te onderhou nie. Ons verstaan nie die heerlikheid en eer wat aan ons toebedeel is deurdat ons saam met Christus opgewek is om saam met Hom in die hemele te sit nie. Ons het te besig geword om aan sy tafel te gaan sit. Ons kry erkeerdelik ons geestelike blydskap uit diens in plaas van gemeenskap. Ons jaag onsself moeg en gee ons liggame en verstand om sy werk te doen, maar ons onderhou selde die fees.

Ons doen meer en meer vir ‘n Here wat ons minder en minder ken.

Die een ding wat ons Here bo alles van sy dienskengte, bedienaars en herders wil hê, is gemeenskap by sy tafel. Hierdie tafel is ‘n plek vir geestelike intimiteit, en dit word daagliks gedek. Om die fees te onderhou, beteken om heeltyd na Hom te kom vir kos, krag, wysheid en gemeenskap. Sedert die Kruis, het alle geestelike reuse een ding in gemeen: Hulle het die tafel van die Here eerbiedig.

Ons visie van Christus vandag is te klein, te beperk, maar soos ons voortdurend na die Here se tafel kom en tyd in sy teenwoordigheid deurbring, sal ons begrip vir sy ontsagwekkende, inspirerende persoon toeneem. Iemand met ‘n toenemende openbaring van Christus se grootheid hoef geen probleem, geen duiwel en geen mag op hierdie aarde te vrees nie. Hy weet dat Christus groter is as dit alles.

As ons hierdie tipe openbaring gehad het van hoe groot Hy is, hoe onbegrens en ontsaglik, sou ons nooit weer oorweldig word deur die lewe se probleme nie.