Gee God Werklik Om?

David Wilkerson (1931-2011)

God vra: “Glo jy werklik dat Ek presies sien waardeur jy tans gaan?” Terwyl jy hier lees, gaan jy miskien deur iets wat Hom noop om ter wille van jou op te tree. Die aard van jou probleem het ‘n antwoord nodig.

Geliefde, is jy werlik oortuig dat God al jou bewegings dophou soos ‘n pa sy baba kindjie? Weet jy in jou hart dat Hy al die gedagtes wat jy dink verstaan? Glo jy Hy is aan die werk en vang al jou trane op, hoor elke sug, sweef oor jou en het jou lief en sorg vir jou?

Die Bybel beskryf Hom dat dit presies is wat Hy doen! “Die oë van die HERE is op die regverdiges, en sy ore tot hulle hulpgeroep...Hulle roep, en die HERE hoor, en Hy red hulle uit al hul benoudhede” (Psalm 34:16,18, AFR53).

“Want die HERE – sy oë deurloop die hele aarde om diegene kragtig te steun wie se hart onverdeeld op Hom gerig is” (2 Kronieke 16:9).

Vertrou jy dat God volkome bewus is van al jou gedagtes, al jou hartseer, pyn, beproewing, finansiële las, familie probleem en dat Hy jou deur dit alles wil dra?  Die psalmdigter sê vir ons: “Soos ‘n vader hom ontferm oor die kinders, so ontferm die HERE Hom oor die wat Hom vrees” (Psalm 103:13).

Die Hebreeuse woord vir ontferm beteken hier “om te liefkoos, lief te hê, passievol te wees”. Die Skrif sê die Here sit sy arm rondom die wat Hom vrees. Hy sê: “Ek ken jou gedagtes, jou bekommernisse en elke stryd wat jy stry en Ek gee om”. Dit maak nie saak waardeur jy gaan nie, maak nie saak hoe jy voel nie, die Here het medelye met jou swakhede. Hy ken elke beweging wat jy maak.

God is nie kwaad vir jou nie. Nee! Hy dink liefdevolle gedagtes oor jou en Hy gee om. Hy sê: “Ja, jy gaan deur rowwe waters; jy word versoek en rondgeslinger. Maar jy is my kind, en Ek sal nooit toelaat dat die vyand jou verstrik nie. Ek sal jou deurdra!”