Gebrekkige Gebede Vervolmaak

Tim Dilena

God sal ‘n eenvoudige bekeringsgebed, ‘n eenvoudige gebed vir beskerming, ‘n eenvoudige gebed vir genesing neem en Hy sal krag daarby voeg. Hy sal doen, ver bokant dit waarvoor ek vra of selfs aan kan dink. Jy hoef nie die vermoë te hê nie, maar die Heilige Gees in jou het. Al hierdie druk is nie op jou nie. God sê in wese: “Ek het my hand hierop. Ek gaan dit verder neem as wat jy al ooit gegaan het.”

Dit alles hang af van wie se hand op jou is. Dit werk as volg: ‘n Basketbal in my hand is ongeveer 19 dollar werd; ‘n basketbal in LeBron se hand is ongeveer 75 miljoen dollar werd. ‘n Tennisraket is nutteloos in my hand, maar ‘n tennisraket in Serena Williams se hand, is ‘n Franse Ope of Wimbledon. Dit hang alles af van in wie se hand dit is.

Twee vissies en vyf brode in my hande, is slegs twee toebroodjies; twee vissies en vyf brode in Jesus se hande, sal vyfduisend mense voed. ‘n Spyker in my hand kan veroorsaak dat ‘n huis afbrand, maar ‘n spyker in Jesus se hand, veroorsaak verlossing vir die hele planeet deur die hele geskiedenis en die toekoms. Dit hang net af in wie se hand dit is.

Ons is in God se hande.

Sommige van julle kan dalk sê: “Ek weet nie hoe om te bid nie.” Dit is die waarheid. Gelukkkig is die druk nie op ons nie. Die Gees weet hoe om te bid. “En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge” (Romeine 8:26, AFR53).

Hoe dwaas is dit om te dink dat ons gebed daarvan afhanklik is dat ons die regte woorde sê? Daar is so baie dom gebede wat uit my mond kom; dank God Hy verhoor nie daardie gebede nie! As God elke gebed sou verhoor net soos ons wou hê Hy moes, sou die lewe ‘n treinwrak wees. Hy sif deur ons gebede en maak dit reg. Dit behoort vir ons vertroue te gee. Elkeen van ons kan en behoort te bid.

As jy gelei word om te bid, sê God: “Perfek. Ek sal jou gebrekkige gebed neem, dit korrigeer en krag daarin plaas. Ek sal dit verder laat strek as wat jy ooit kan dink.”

Nadat hy ‘n middestad gemeente in Detroit vir dertig jaar lank bedien het, het Pastoor Tim vir vyf jaar by Brooklyn Tabernacle in New York Stad en vir vyf jaar in Lafayette, Louisiana bedien. Hy het Senior Pastoor van Times Square Kerk geword in Mei 2020.