Gaan Met Vrymoedigheid na die Stoorkamer

David Wilkerson (1931-2011)

Die volgende gaan oor hoe om na God se stoorkamer te gaan om te kry wat jy nodig het.

1.    Kom met vrymoedigheid na sy troon en vra oorvloedig vir al die genade en barmhartigheid wat jy nodig het om jou deur alle versoekings en beproewings te dra. Die duiwel het ‘n miljoen maniere om jou te laat skuldig voel en jou vreesbevange en verward te laat; en hy sal vir jou sê: “Jy voel so omdat jy verkeerde dinge in jou hart het!” Ek het egter lank gelede al opgehou om in my hart te kyk want dit is altyd swart en bevlek, maar dit is so wit soos sneeu vir my Vader, want dit word bedek met die bloed van die Lam. Dit maak nie saak hoe jy voel nie. Kyk eenvoudig na God se Woord vir wat Jesus gedoen het. Hy het jou rein gemaak. 

2.    Herinner God dat dit sy idee was vir jou om in te kom. Jy het nie na die Here gegaan en gesê: “Vader, ek wil alles hê wat u het” nie. Hy het jou genooi en gesê: “Alles wat Ek het, is joune. Kom haal dit!”

3.     Neem God op sy Woord. Die Bybel sê dat alles wat Hy vir ons het, verkry word deur geloof. Jy hoef slegs met geloof te sê: “Here Jesus, oorstroom my met u vrede omdat U gesê het dat dit myne is. Ek vra rus vir my siel. “Jy kan dit opwerk of dit neerprys nie. Dit kom van gewortel en gegrondves wees in diepe begrip van God se liefde vir jou. Dit kom nie met gevoelens nie, maar met die Woord wat Hy self gespreek het: “In my huis is daar oorvloed brood!”

4.    Neem God se Woord en kap al jou vrees, skuldgevoelens en veroordeling in stukke. Verwerp dit alles; dit is nie van God af nie. Jy kan sê: “Laat die duiwel kom met al sy leuens. My Vader weet dit reeds en Hy het my vergewe en gereinig. Daar is geen skuld of veroordeling teenoor my nie. Ek is vry!”

Geliefdes, ek glo dat as jy die Heilige Gees op hierdie oomblik vra om jou te help om hierdie waarheid te begryp, om gewortel en gegrondves daarin te word, sal die komende dae die beste wees wat jy nog ooit gehad het. Jy kan sê: “Here Jesus, ek nodig het om ‘n oorwinnaar te wees. “Kom na sy stoorkamer en eis alles wat joune is op van jou liefdevolle Vader!