Ek Is Jou God

David Wilkerson (1931-2011)

Die God van Abraham, Isak en Jakob

Is jou God

Om jou te verlos en te versterk

Soos Hy vir jou vaders gedoen het—

Om jou te help,

Jou staande te hou,

Jou te bewaar,

Moenie vrees nie: moenie moedeloos word nie.

Hulle wat Hom as hulle God ken

Sal heldedade doen

En sterk word.

Hy sal jou vyande en wrekers stil maak.

Hy sal sy krag volmaak maak

In jou swakheid,

Want in sy hand is alle krag en mag

Om te doen ver bo

Wat jy kan bid of dink.

Hy sê vir jou:

“Ek is met jou;

Ek is jou God;

Ek sal jou help.”

 

Hier is ‘n aantal verse vir jou om te bepeins terwyl jy die aard van jou hemelse Vader beskou. “Kyk, die Here HERE sal kom as ‘n Sterkte, en sy arm sal heers; kyk, sy loon is by Hom, en sy beloning is voor sy aangesig” (Jesaja 41:10, AFR53).

“U kom nader die dag as ek U aanroep, as Ek U aanroep, U sê: Wees nie bevrees nie! U, Here, verdedig my regsaak, U verlos my lewe” (Klaagliedere 3:57-58).

“Toe het hulle die HERE aangeroep in hulle benoudheid; uit hul angste het Hy hulle gered” (Psalm 107:6).

“Het Ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die HERE jou God is met jou, oral waar jy heengaan” (Josua 1:9).

“En hy het gesê: “Die HERE is my rots en my bergvesting en my redder” (2 Samuel 22:2).

“U, Here, verdedig my regsaak, U verlos my lewe” (Klaagliedere 3:58).

“En die Here sal my verlos van elke bose werk en my red om in sy hemelse koninkryk in te gaan. Aan Hom die heerlikheid tot in alle ewigheid” (2 Timótheüs 4:18).

“Hulle roep, en die HERE is teen die kwaaddoeners, om hulle gedagtenis van die aarde af uit te roei” (Psalm 34:18).

“Wees sterk en vol moed; wees nie bevrees en word nie verskrik vir hulle nie; want dit is die HERE jou God wat saam met jou trek; Hy sal jou nie begewe of verlaat nie” (Deuterónium 31:6).